Dertien kerkgangers is Donderdagaand dood toe ʼn gedeelte van ʼn kerk in Dlangubo in die noorde van KwaZulu-Natal ineengestort het.
Robert McKenzie, woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Volgens McKenzie het ʼn muur tydens ʼn Paasdiens kort voor middernag ineengestort. Ses kerkgangers is ernstig in die voorval beseer. Tien ander het ligte beserings opgedoen.
McKenzie het gesê dit is moontlik dat swaar weerstoestande die rede vir dié ineenstorting kan wees.
Paul Herbst, woordvoerder van die reddingsdiens IPSS, het gesê nooddienste het Donderdagaand op vier strukturele ineenstortings en nege motorongelukke in die Ballito-omgewing gereageer. Altesaam 22 mense is behandel vir beserings wat verband hou met stormweer in dié provinsie.
Nomusa Dube-Ncube, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie, sal na verwagting die kerk vanoggend besoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
40 Kommentare
Hoe is dit moontlik….kerke brand, kerke stort ineen. Oor en weer is daar konflikte in kerke.
Geloof word verbied in sekere lande. Dis volmaan en almal raak deurmekaar.
Almal praat van oorloeë, oorstromings, brande, aardbewings, burgerlike konflikte, siektes, te veel om te noem. Mens, wat het van jou geword……..
Een Engelse koerant berig, ons land is siek! Vader wees die mens tog genadig……Amen
Bly weg uit die plekke van indoktrinasie en leuens .
Ek wag saam met Foxi op jou antwoord.
Mens sluit af met, “In Jesus Naam.”
Geseënde dag.
Let’s first find out what ‘Amen’ actually means. It is a Hebrew word that comes from the Hebrew root “AMN” which stands for stability and means “so be it”,”I agree”,”let it be so”. Thus, when we say “Amen” at the end of our prayers, we are actually asking God to “please let it be as we have prayed”.