13 sterf toe kerkgebou tydens Paasdiens ineenstort

Die toneel. (Foto: Twitter)

Dertien kerkgangers is Donderdagaand dood toe ʼn gedeelte van ʼn kerk in Dlangubo in die noorde van KwaZulu-Natal ineengestort het.

Robert McKenzie, woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens McKenzie het ʼn muur tydens ʼn Paasdiens kort voor middernag ineengestort. Ses kerkgangers is ernstig in die voorval beseer. Tien ander het ligte beserings opgedoen.

McKenzie het gesê dit is moontlik dat swaar weerstoestande die rede vir dié ineenstorting kan wees.

Een van die struktuele ineenstortings. (Foto: Verskaf)

Paul Herbst, woordvoerder van die reddingsdiens IPSS, het gesê nooddienste het Donderdagaand op vier strukturele ineenstortings en nege motorongelukke in die Ballito-omgewing gereageer. Altesaam 22 mense is behandel vir beserings wat verband hou met stormweer in dié provinsie.

Nomusa Dube-Ncube, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie, sal na verwagting die kerk vanoggend besoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Foxi ·

Hoe is dit moontlik….kerke brand, kerke stort ineen. Oor en weer is daar konflikte in kerke.
Geloof word verbied in sekere lande. Dis volmaan en almal raak deurmekaar.
Almal praat van oorloeë, oorstromings, brande, aardbewings, burgerlike konflikte, siektes, te veel om te noem. Mens, wat het van jou geword……..
Een Engelse koerant berig, ons land is siek! Vader wees die mens tog genadig……Amen

Abe ·

Foxi,
Hoekom op aarde sluit jy nou jou tirade deur die naam van n heidense Egiptiese god, Amen/Amon/Amun aan te roep? Kan jy nie aan iets in Afrikaans dink om te se nie?

OWO ·

Kom ek gee vir jou die afrikaanse woorde vir Amen.Amen is,net soos ”hallelujah,’n Hebreeuse woord wat nooit vertaal is nie.Selfs in die Nuwe Testament,wat in Grieks geskryf,is die woord onvertaald behou en net in Griekse letters geskryf,net soos dit in ons Bybelvertaling in ons( Arabiese)letters geskryf is.Amen het die betekenis van iets wat vasstaan en geldig is.Wanneer Jesus sy woorde met ”amen”inlui (vertaling:”dit verseker ek julle ”)het dit die betekenis van vastheid,waarheid en geldigheid.

Cherokee ·

Amen in the Old Testament
We find instances of the word “Amen” being used in both the Old and New Testaments. Many of the Old Testament references link the word “Amen” with praise. The sentence “and all the people said, Amen, and praised God” found in 1 Chronicles 16:36 is an example of the connection between word ‘Amen’ and praise. Double Amens (Amen and Amen) in praise of God are found in Psalms 41:13, 72:19 and 89:52. Here, it seems as if one person is praying or praising God and others are responding by saying, “Amen”.

Amen in the New Testament
The New Testament writers also use “Amen”, some at the end of their epistles while others connect it with praising and glorifying God, and referring to the second coming and the end of the age (Revelation 22:20-21). You would notice here that both the person writing the prayer or praise to God and offering the “Amen” are the same person. Therefore, whether we are praying with others or by ourselves by saying “Amen” at the end tells God we’ve said a prayer that we really meant. It shows that we believe God has heard our prayer and will answer it in His perfect way.

pieter ·

Foxi, jy weet wat aangaan, dit word alles in ons bybel voorspel in die laaste dae. Ja hier persone wees aag bog man, alles het al voorheen gebeur, ja maar nie so gekonsentreerd oral in die wereld nie, noag het ook gewaarsku maar niemand wou glo nie, ek persoonlik dink dink dit is nou 1000 x erger, Jesus se koms is naby.

smurfie ·

Abe …
Amen beteken ” laat dit so wees”
as dit n egiptiese god was, hoekom het Jesus self, die Onse Vader afgesluit met “Amen”
ek raak so moeg vir vandag se Christene wat die duiwel sien in alles!

amen ·

Abe; verskoon die Engels:
Interjection: amen
Expression used at the end of prayers, meaning So be it
Noun: Amen (Amon, Amun)
A primeval Egyptian personification of air and breath; worshipped especially at Thebes

Lia ·

Ons leef in die eindtye ….hierdie dinge is in God se Woord voorspel….die verval van die mense……valse leraars, goddeloosheid ensv. Ons moet let op die tekens…… Jesus se koms is naby.

willem Botha ·

Selfs ek wat meestal net negatief veral as dit by die polisie kom is vind hierdie baie positief dankie Foxi

Abe ·

Foxi,
Ek het gedink jou laaste Afrikaanse sin: “Vader, wees die mens tog genadig.” is n baie mooi en gepasde, Christelike gedagte. Dit sou vir my n mooi manier wees om te eindig. Ek het dit maar net teen die uitheemsheid en vreemdheid van die 2000+ jaar oue midde oosterse mode woord wat vir ons as moderne mense geen betekenis behoort te he nie.

snoefie ·

Die woord Amen beteken “laat dit so wees”
Jesus Christus self het die Onse Vader afgesluit met Amen

OWO ·

Amen is,’n Hebreeuse woord,wat nooit vertaal is nie.Selfs in die Nuwe Testament,wat in Grieks geskryf is,is die woord onvertaald behou en net in Griekse letters geskryf ,net soos dit in ons Bybelvertaling in ons (Arabiese)letters geskryf is.Amen het die betekenis van iets wat vasstaan en geldig is.

Cherokee ·

Let’s first find out what ‘Amen’ actually means. It is a Hebrew word that comes from the Hebrew root “AMN” which stands for stability and means “so be it”,”I agree”,”let it be so”. Thus, when we say “Amen” at the end of our prayers, we are actually asking God to “please let it be as we have prayed”.

Abe ·

Lourens,
Ek hou baie van jou voorstel. “In Jesus naam.” , is n baie mooi manier om n gebed mee af te sluit, pragtig.

Foxi ·

Abe….ja dit is lieflik om af te sluit ‘In Jesus Naam’ stem saam. Ek sluit so af wanneer ek in n persoonlike intieme gebed verkeer met my Vader……In Jesus se Heilige Naam Amen.
My kortlikse afsluiting van Amen was hoe ek bitterlik seer gevoel het oor die mens en sy werke……… (ek inkluis).

Klaas ·

Mense miskien was hulle opregte Christene. Die probleem is die owerhede draai hulle koppe weg en kyk verby die swak strukture. Ek het al gekla oor publieke geboue wat ek weet n ongeluk is wat wag om te gebeur maar jy word net geignoreer.

Hannah ·

Ongelooflik hartseer. Vrede vir die gesinne van die wat oorlede en die beseerdes. Mag hierdie gemeente weer opstaan om hulle liefdestaak te volbring.

Boet Fasie ·

Wat verwag julle in ‘n land met rommel status, niks word onderhou nie net die politici se bankrekeninge.

Sarel ·

1. Tragiese gebeurtenis waar mense dood is en hier word net beledigings round geslinger.
2. Rerig , word die persoon aangevat oor die woord ” Amen” Naam van Afgod??

Leer graag ·

The Hebrew of the First Covenant [Old Testament] reveals to us that the Scriptural Hebrew word (which means: so be it, or verily or surely) is “Amein” (Phonetic Spelling is “aw-mane”) and not “Amen”.

Christell ·

Dit is baie hartseer! Al my simpatie aan die families en ek hoop die beseerdes sal die nodige hulp kry en volkome genees!

Magaretha van heerden ·

Amen beteken “laat dit so wees” en dit het niks met daai gode wat die een persoon noem te doen nie. Dit word dikwels verkeerd gebruik. bv as iets sleg gebeur om dan te se amen ( laat dit so wees) is verkeerd, In elk geval is n gebed nie n ruimpie wat jy op se of lees nie. Dit kom uit die hart.

Frik ·

Almal is verbaas hoekom die muur by kerk omgeval het. Kyk mooi mense die muur is op daardie hoogte gebou met enkel ry stene, hoe dan anders. Wie is bou inspekteur wat gebou afgeteken het?

Christo ·

As n mens die BUITE mure enkel Bakstene bou, inplaas van Dubble Bakstene sal so iets gebeur.
Wonder wie het die gebou goedgekeur.?

Michelle ·

As die mense opreg God gedien het ongeag hoe hul gesterf het was hierdie dertien mense in hul harte baie gelukkig want dan is hul verlos van die wêreld. Niemand weet nie en niemand kan sê nie maar ons leef definitief in die laaste tyd van die Bybel daarvan kan jul net om julle kyk. Mense het nie eers meer respek vir God nie.

Lorette ·

Michelle, ek sou eerder ook in die kerk wou sterf terwyl ek die Here dien as bv in ‘n motorongeluk. Almal van ons moet tog op een of ander manier sterf. Ek stem 100% saam met jou.

bella ·

Die tweede foto is van Giannis restaurant in Ballito, MM moet seker maak voordat hulle fotos plaas

Bella ·

Mense hoekom kap julle mekaar so? Daar is soveel smart en pyn en dan twis julle oor kleinlikhede. As iemand Amen wil gebruik is dit tussen hom en Vader. Vader Sien die hart. Ons moet die berigte ook behoorlik lees. Maroela het nie gesê die foto van die restaurant was die kerk nie. As ons na die bakstene in die kerk kyk is daar nie sement wat hulle vasgehou het nie. Ek geniet Maroela se berigte. In hierdie Heilige Tyd wat ons herdenk oor wat Jesus vir ons gedoen het moet ons lief vir mekaar wees soos Jesus vir ons is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.