13 studente by UJ beroof

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag gesê hy het toegangsbeheermaatreëls verskerp ná ʼn gewapende roof by sy Aucklandpark Kingsway-kampus.

Twee gewapende mans het Woensdag omstreeks 22:30 dertien studente aangehou wat in ʼn laboratorium studeer het. Die mans het die studente van hul selfone en skootrekenaars beroof voor hulle te voet gevlug het.

“Gelukkig is niemand beseer nie. Die universiteit verskaf berading en ondersteuning aan die studente,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. “UJ-veiligheidspersoneel is in kennis gestel en het dadelik op die toneel reageer. Die verdagtes het in die parkeerterrein op die reaksie-eenheid geskiet en gevlug. UJ se reaksie-eenheid het met waarskuwingskote reageer en die verdagtes agternagesit. Van die gesteelde goedere is later op die kampus gevind.”

Die bestuur het gesê hy beskou voorvalle wat ʼn veilige leer- en werkomgewing bedreig, in ʼn baie ernstige lig en sal nie huiwer om sy eie dissiplinêre kodes aan te wend indien die oortreders lede is van die universiteitsgemeenskap nie.

“Inisiatiewe om veiligheidsmaatreëls beduidend te verskerp word tans op die kampusse en by koshuise hersien,” het Kaamini Reddy, senior bestuurder: Strategiese Kommunikasie, UJ, gesê. “Die universiteit is aktief in gesprek met die polisie, nooddienste, plaaslike wyksraadslede en die stad Johannesburg om studente op die kampus te beskerm.”

Die bestuur maan die gemeenskap om enige inligting oor die voorval aan te meld by die universiteit se kontaksentrum by 0800 204 975.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan. H. ·

Nee dis nou te laat om alles op te skerp, Die ouers betaal , ,,wel van hulle,, om die kinders in n veilige otmosfeer te laat studeer,, Julle het jul plig versuim. Ek hoop julle word gedagvaar!!!

Yolandi ·

Nou vra ek jou, waaaaaaar kry elke jan rap en sy maat n vuurwapen?! Veral as hul dalk studente is. Dis asof dit soos koek by n verjaardagpartytjie uitgedeel is. En hulle huiwer ook gládnie om die sneller te trek nie. Wat word van ons land?

Jardine Louw ·

Ek dink dis tyd dat alle ” redelike”mense moet begin saamstaan . Ons dink ons is alleen, maar daar is baie ander wat ook soos ons voel, nie net afrikaners en engelse nie, ook gekleurde, indier en swart mense. As ons saamstaan is ons miljoene,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.