13 uit 18 skoon munisipale oudits onder DA-beheer

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Altesaam 13 van die 18 munisipaliteite wat landwyd skoon oudits van die ouditeur-generaal gekry het, is onder DA-bestuur. Die ander vyf word deur die ANC beheer.

Dit blyk uit die ouditverslae vir die land se 257 munisipaliteite wat deur die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, vrygestel is.

Die 18 munisipaliteite met skoon oudits is:

* Kaapse Wynland (Paarl, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Overberg (Caledon, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Weskus (Moorreesburg, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Breedevallei (Worcester, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Witzenberg (Ceres, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Hessequa (Riversdal, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Kaap Agulhas (Bredasdorp, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Overstrand (Hermanus, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Swellendam (Swellendam, Wes-Kaap  ̶  DA

* Bergrivier (Piketberg, Wes-Kaap) – DA

* Cederberg (Citrusdal, Wes-Kaap) – DA

* Matzikama (Vredendal, Wes-Kaap)  ̶  DA

* Midvaal (Meyerton, Gauteng)  ̶  DA

* Okhahlamba (Bergville, KwaZulu-Natal)  ̶  ANC

* Joe Gqabi (Barkly-Oos, Oos-Kaap)  ̶  ANC

* Senqu (Lady Grey, Oos-Kaap)  ̶  ANC

* Gert Sibande (Ermelo, Mpumalanga)  ̶  ANC

* ZF Mgcawu (Upington, Noord-Kaap) – ANC

Die getal munisipaliteite wat heeltemal skoon oudits met presiese nakoming van die wet gekry het, het dus volgens Makwetu afgeneem van 33 tot 18. In die Wes-Kaap het die munisipaliteite met skoon oudits afgeneem van 70% tot 40% weens wat Makwetu ʼn “verslapping van beheer” genoem het.

Volgens Makwetu word amptenare van sy kantoor wat oudits doen met geweld gedreig in sekere munisipaliteite. Dis hoekom die oudit vir die Emfuleni-munisipaliteit (Vereeniging, Gauteng) byvoorbeeld nie afgehandel kon word nie.

Boonop word die ouditeur-generaal se opdragte ter verbetering van gedrag aan munisipaliteite willens en wetens geïgnoreer.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het die kabinet se diepe kommer oor die syfers uitgespreek en gesê stappe sal gedoen word om die veiligheid van amptenare uit die kantoor van die ouditeur-generaal te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dirk ·

Na die vorige oudits het dieselfde mense hulle kommer daaroor uitgespreek en stappe aangekondig. Die proses herhaal ditself keer op keer, weer en weer. Vir solank as wat kaders aan die stuur van sake by munisipaliteite staan, vir solank sal dit doodeenvoudig aanhou! Vanaf grondvlak tot op die boonste vlak word n blatante, selfs arrogante gesindheid weerspieel om doelbewus die “gravy train” te ry totdat dit gaan staan!

Magda ·

Dankie DA – net jammer julle kry nie die geleentheid om al die korrupte gtemors uit hulle poste te verwyder nie. maar aanhouer wen – so hou aan.

Gert van Wierdapark ·

Wat as die noem in SA ” beskou word”, word plunder in ander lande genoem! He-he-he!

Valie ·

Dit sal geen Valie verbaas dat die Emfuleni-munisipaliteit ouditeure met geweld sou dreig nie – daar moet dalk meer deeglik berrig word oor die arme ouditeure se teistering deur die mafia in beheer van ons dorp. Wat ons wel verbaas is dat iemand ten spyte van die afgebreekte verkeersligte, vullis, slaggate en rou riool in die strate dit wel gemaak het tot by Emfuleni se kantore – gee ons nog medaljes vir dapperheid? Dit wat nog oor is van die Vaal word gyselaar gehou deur die mees korrupte, en mees wanfunksionerende munisipaliteit in die land. Ek moet elke maand my gyselaar geld oorbetaal, maar ek ry deur ‘n stroom van rou riool in my straat elke dag as ek werk toe gaan. ‘n Stroom van riool wat al 3 ekstra slaggate in die pad veroorsaak het. Weet jy hoeveel riool is nodig, en vir hoe lank, om teer weg te kolwe, en slaggate te veroorsaak? #VuilVanderbijl

ZAR ·

Dankie vir die goeie beskrywing van die probleme in die Vaaldriehoek, Valie. Ek wil egter ook meer weet van die mafia waarvan jy praat, wie is dit?

Maria ·

Pasop vir die munisipaleteite wat nou deur die ANC oorgeneem is in die Wes Kaap.Daar gaan die skoon oudits!!!

Maria ·

Pasop vir die minisipaliteit wat nou deur die ANC afgeneem is van die DA.Daar vlieg die skoon oudits by die vensters uit!!

Clipper ·

Ongelukkig dat die DA se bestuur te besig is met alles behalwe bestuur. Hulle is besig om onder te gaan met mmusi se ramaphosa tipe bestuur. Se niks en doen niks – van Damme is n goeie voorbeeld.

Stevie ·

Ag nee, regtig Clipper. Plaas prys jy vir van Damme wat soos n wafferse eff vegter daardie mannetjie n goeie oorveeg gegee het. Dit is as gevolg van die dinge wat Steve kwytraak namens mannetjies soos daai dat dames soos van Damme soos eff vegters begin optree. Steve bring die lus om te baklei uit in mense van verskillende rassegroepe en as hy nie gestop word nie kan dit nog leliker raak!

Gaps ·

So jy reken ons moet almal slapgatte raak. Dalk as meer van ons begin terug baklei sal dit beter gaan. Tyd vir wang hou vir klap is lankal verby.

ZAR ·

Ek stem saam jou Gaps. Ek is moeg vir die skies-ek-leef Afrikaners soos Stevie hier bo. Hulle moet nou besluit in watter kamp hulle staan. Dis tyd om dinge op die naam te noem.

Dries du Toit ·

Ja Stevie. Jy is seker dood tevrede met Ramaphosa en sy bende. Jy is lekker warm gekook in sy Paddapot. Jy sal binnekort gaar gekook wees en verdwyn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.