13 vas oor openbare geweld in Noordwes

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Dertien persone is in Stella in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat uitlanders se winkels geplunder is.

“Die polisie het ʼn klopjag uitgevoer op ʼn kroeg in Rekgaratlhile en die alkohol gekonfiskeer,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die gemeenskap was glo ongelukkig hieroor en ongeveer 200 lede van die gemeenskap het op die twee uitlanders se winkels toegeslaan en dit geplunder.”

Die groep is Saterdagaand omstreeks 20:00 in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die Vryburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Wat soek uitlanders in elk geval daar in die klein afgelee dorpie, die gemeenskap moet hul uitsorteer want die gereg/wette is nie in staat om dit te doen nie.

CHRISTA ·

Scalla, dis net jammer dat toe die ANC uitlanders was in ons buurlande voor 1990, hulle inwoners nie die ANC uitgesorteer het nie. Ons sou dalk nou minder misdaad, bedrog, korrupsie en moorde gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.