13 vas vir grondbesetting

Argieffoto

Argieffoto

Dertien mense is in hegtenis geneem nadat hulle plakkershutte opgerig het op private grond in Johannesburg.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê ‘n groep van nagenoeg 100 mense het private grond in Soweto beset. Die grond behoort aan Transnet.

Minnaar sê ses vroue en sewe mans is in hegtenis geneem nadat hulle nie gehoor gegee het aan beamptes se bevele om op te hou om die onwettige strukture op te rig nie.

Die verdagtes sal Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.