134 by Comair afgelê

Kulula.com (Foto: Comair/Facebook)

Altesaam 134 personeellede van Comair, wat British Airways en Kulula bedryf, is Vrydag afgelê.

Stephen Forbes, woordvoerder van Comair, het aan Maroela Media bevestig Comair moes dié moeilike besluit maak as deel van die proses om sy personeel te belyn met sy afgeskaalde bedrywighede. “Altesaam 134 werknemers, waaronder 42 kajuitbemanningslede, het afleggingspakkette ontvang. Van die afleggingspakkette was vrywillige skeidingspakkette,” het Forbes gesê.

Die verbod op alle nie-noodsaaklike reise in en uit Gauteng, asook ʼn baie klein vraag na sakereise en reisverbodsbepalings, het beteken dat Comair alle geskeduleerde vlugte op 5 Julie moes opskort. Comair het in die helfte van Julie weer aangekondig dat hy vlugte tot 31 Augustus sal opskort.

Kulula.com en British Airways het op 1 September weer uit die blokke gekom. British Airways se vlugte na Mauritius sal na verwagting einde November hervat.

Gedurende die opskortingstydperk het Comair gesê dat hy nuwe, buigsame tariefopsies ontwikkel het. Drie nuwe Kulula.com-aanbiedings sluit in Fly Light (as jy net kajuitbagasie het), Pack & Go (20 kg-bagasie en twee vlugveranderings ingesluit) en Fully Loaded (wat onbepaalde vlugveranderings insluit).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pablo ·

Fully Loaded (wat onbepaalde vlugveranderings insluit).
Beslis net vir die ANC en regerings “ampte -narre”

casper ·

Maar die “nuwe” SAA sal ‘n wins maak ne Mr Gordan !!

Frank John ·

Regte manier, om te veel mense te gebruik om ‘n taak te verrig maak mense oneffektief. Te veel mens sit in besighede rond en doen nie ‘n vol dag se werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.