134 vas ná polisie duisende voertuie deursoek

Twee vroue wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Altesaam 134 mense is oor die afgelope vyf dae in hegtenis geneem nadat die polisie talle voertuie in die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap voorgekeer en deursoek het.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die Noord-Kaapse polisie, het gesê die vyf dae lange operasie is in die drie provinsies van stapel gestuur om misdaad aan te pak wat oor provinsiale grense beweeg soos dwelmhandel, motordiefstal en onwettige handel in nieysterhoudende metaal.

Verskillende eenhede binne die polisie, onder meer die honde-eenheid, taktiesereaksie-eenheid, speurdiens, blitspatrollie en veediefstal-eenheid was by die operasie betrokke, asook beamptes van die onderskeie verkeersdepartemente en die departement van binnelandse sake.

ʼn Burger van Swaziland wat in hegtenis geneem is op aanklag van die besit van dagga. Foto: SAPD

Duisende voertuie is op die N1 en N12 voorgekeer en deursoek waartydens verskeie verkeersboetes uitgereik en talle mense in hegtenis geneem is. “Sommige was verdagtes wat deur die polisie [vir ander misdade] gesoek is, terwyl ander dwelmmiddels in hul besit gehad het,” het Mooi gesê. “Die meeste is op die N1 en N12 in hegtenis geneem, maar sommige is by hul wegkruipplekke in Springbok in die Noord-Kaap en Mosselbaai in die Wes-Kaap vasgetrek.”

Mooi het gesê in een geval is drie buspassasiers Donderdag in hegtenis geneem nadat dagga ter waarde van R44 000 in ʼn 31-jarige man se besit gevind is, en Mandrax-tablette ter waarde van R2 miljoen in twee vroue se besit. “Die drie is in die Groot-Karoo-gebied in hegtenis geneem. Die bus was van Johannesburg na Kaapstad onderweg. ʼn Bykomende aanklag van omkopery is teen die man aanhangig gemaak, nadat hy die polisiebeamptes met R800 probeer omkoop het,” het Mooi gesê.

In die Oos-Kaap is drie verdagtes in hegtenis geneem nadat drie ongelisensieerde rewolwers en ammunisie in hul besit gevind is. Daar is ook op ʼn gesteelde Opel Corsa-bakkie in die Wes-Kaap beslag gelê toe ʼn verdagte in hegtenis geneem is nadat Mandrax-tablette in sy besit gevind is.

“Meer as 3 000 voertuie en 285 eiendomspersele is in die drie provinsies deursoek,” het Mooi gesê. Sommige verdagtes het reeds Vrydag in die onderskeie howe verskyn, terwyl ander Maandag sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan. H. ·

Fantasties, hou net aan mense julle doen goeie werk, waak net asb daarteen om nie omgekoop te word nie, want dis nie die moeiete werd nie,,,

Swartkat ·

Hoop hulle tree sommer op teen die onwettige straat wetrenne en dronk bestuur wat onnodige lewens eis.

Great ·

?? hou so aan om die smokkelaars Te vang…hoop julle bly agter trallies

Mooi so ·

Mooi so Mooi !! Die kolonel doen darem sy van gestand. Doet zoo voort.

Johann ·

Wys jou wat gedoen kan word, as mens wil. Dit sal dan mos nou ook wonderlik wees as die polisie die naweek, daar by Nasrec, waar die ANC se beleidskonferensie plaasvind, kan toeslaan en die spul korruptes, almal van hulle, in hegtenis neem.

Martins ·

Ja ek dink dis presies wat ons kort, dinge ruk te maklik hand uit, maar moet nie net op die kaap fokus nie maar die hele land.

Johanna Botha ·

WOW dis wonderlik werk !! ….. net jammer so 75 gaan ontsnap 20 gaan die leërs van verlore raak en so 25 kom weg met onvoldoende bewyse …ons sien mos daagliks hoe dit wet eintlik tengunste van die boosdoenner werk onder die anc wat self so skelm is …and so we back to square 1 !

John ·

Skokkend om te hoor wat/wie daagliks verby ons ry en wat vervoer word… en ons bekommer net oor die sigbare… die swak paaie… Dit begin klink of Afrika teen Suid-Amerika aangedryf het… Roei weg/uit!

Michael ·

Waneer is dit Gauteng se beurt veral die Pretoria gebied of is die tronke in die provinsie nie groot genoeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.