136 keer by Gauteng-polisie ingebreek

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag erken dat 29 polisiekantore in Gauteng sowat 136 inbrake en rooftogte in die afgelope vyf jaar aangeteken het.

Dít nadat Michael Shackleton, die DA se skadu-LUR vir gemeenskapsveiligheid, ʼn geskrewe vraag aan Mazibuko in die Gautengse provinsiale wetgewer gerig het. In bitter min van dié gevalle is die skuldiges suksesvol vervolg.

Volgens Mazibuko is waardevolle items van meer as R1,6 miljoen sedert 2016 by dié polisiestasies gesteel.

Die Evaton- en Vosloorus-polisiestasies is onder dié wat die meeste rooftogte en inbrake (16) aangeteken het, gevolg deur Pretoria Sentraal met 13 sake en Dobsonville met 10. Vanuit die 136 sake wat geopen is, is slegs 41 inhegtenisnemings gemaak met slegs vier verdagtes wat intussen skuldig bevind is.

“Polisiestasies word deur gemeenskappe beskou as ʼn veilige hawe waar polisiebeamptes misdade ondersoek en slagoffers beskerm. Wanneer dié polisiekantore self die slagoffers van misdaad word, benadeel dit beamptes se vermoë om ander misdaadsake af te handel en die veiligheid van inwoners te verseker,” sê Shackleton.

“Die lae skuldigbevindingskoers is onaanvaarbaar. Dit is duidelik dat die regstelsel Suid-Afrikaners gefaal het, of dat die polisie bloot versuim het om die sake behoorlik te ondersoek.”

Volgens Shackleton is ʼn aantal misdaadsake reeds van die hofrol verwyder weens ʼn gebrek aan voldoende bewyse.

In ʼn poging om misdaadsyfers te verminder het die plaaslike Midvaal-munisipaliteit in Gauteng ʼn misdaadvoorkomingstrategie in werking gestel. Nagenoeg 3 000 gemeenskapspatrollies werk saam met polisiebeamptes om die veiligheid van inwoners te verseker.

Die DA het ʼn beroep op Mazibuko gedoen om onmiddellik maatreëls in te stel om die uitwerking van inbrake en rooftogte by polisiekantore te versag.

“Die volle mag van die wet moet oortreders in die gesig staar sodat die veiligheid van Gautengers verseker word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Denise ·

Want almal slaap in die Polisie stasie as jy daar aankom om hulp…

Nie Verbaas ·

Dit is die waarheid. Hoeveel videos al gesien waar mense of verby die slapende lede loop na kantore in polisie stasie of waar niemand te sien is nie.

Anoniem ·

Wie sal dit waag om by ‘n polisiestasie in te breek? Is die inbrake deur verwaande buitestaanders of skelm polisiemanne gepleeg?

Fedup ·

136 cases, 41 arrests and only 4 who qualified for a vacation.
How many “police officers” were involved?
This is just pathetic.

Misky ·

So die gemeenskapspatrollies moet nou die polisie bystaan, want hulle kan nie hulself beskerm en beveilig nie….. ek sien die groter prentjie, wonder of hulle doen?

Louise ·

Die opgeleides kan hulle self nie eers beskerm of oppas nie. wat nog van die res van die land…
Dis balaglik en maak mens net meer bekommerd oor wat wag op ons in die land.

Kokerboom ·

Die ANC pandemie is in vele opsigte baie meer dodelik en vernietigend as wat die Covid pandemie ooit kan streef om te wees en…..ABSOLUUT NIKS word gedoen om dit te bekamp of beveg of verwyder!!!

Piet parys ·

Polisie aan diens het seker gelê en slaap of was deel van die inbraak

Jan ·

As hulle nie eens hul eie sake kan oplos nie, wat is die kanse dat die publiek se sake opgelos word?

Persheks Adri ·

Kyk maar wie is in beheer oor die klomp! Ou hoedeman jy hoort nie in daai pos nie.

Stasies is alles behalwe ‘n veilige hawe!

Johann ·

Ek wil net seker maak. AS en WANNEER ‘n polisie lid WEL opdaag vir werk….tel dit nie dalk ook as ‘n misdaad nie?

SjN ·

Die skelms sal nooit gekry word nie want die skelms wat die saak ondersoek is deel van die skelms.

Genis ·

Die Polisie was weereens eerste op die toneel… dis eindelik lagwekkend

Sandra ·

My vraag is, hoe op aarde breek mens in ‘n polisiestasie in? Is hulle nie maar veronderstel om altyddeur oop te wees nie? Ek dink in elk geval dis ‘n inside job. Maar dis maar net my opinie.

Genis ·

Beslis ek stem saam, maar om daar te wees en vas te slaap is ook n probleem

Deon ·

Vosloorus, gemiddeld elke 4 maande n inbraak!!!!!!!
Die hele inbraak ding is pateties!
Ek wonder wat se verskoning daar vir dit gemaak gaan word, of word dit ook maar net genoem, want iemand het gevra? “sommer maar net gewonder want dit maak nie regtig saak of dit een of n duisend is nie”

twaalfboor ·

Sè maar wat julle wil ANC….. in die appartheids jare was ń polisie stasie die veiligste plek…… Of nee WAG, die hele SA was ń veilige plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.