138 politieke partye dalk gederegistreer

(Foto: Twitter via @IECSouthAfrica)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het 138 politieke partye geïdentifiseer wat moontlik gederegistreer kan word indien hulle nie voor 31 Maart skriftelik hul voornemens bevestig om geregistreer te bly nie.

Kragtens artikel 15(6) van die Verkiesingswet moet ʼn party, wat nie op regeringsvlak verteenwoordig word nie, hul registrasie jaarliks voor die einde van Januarie hernu, het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, verduidelik.

Van die 450 politieke partye wat tans geregistreer is, word 93 op nasionale, provinsiale of munisipale vlak verteenwoordig. Altesaam 219 partye het die afgelope twee jaar aan ʼn verkiesing deelgeneem of het onlangs die kommissie in kennis gestel van hul voornemens om hul registrasie te hernu.

Die OVK het briewe en SMS-boodskappe aan die oorblywende 138 geregistreerde partye gestuur om hulle in kennis te stel dat hulle voor 31 Maart 2020 hul registrasie moet hernu of hulle sal gederegistreer word. ʼn Lys van die partye wat gederegistreer is, sal in April in die Staatskoerant gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boertjie ·

Verwonder ek my oor al die baie partye. Veral die wat net ‘n stem by sy vrou, en die besem in die kas kry. Mors mos eintlik net hulle geld, dan nie?

Dries ·

Ja dit slaan my ook dronk. Ek dink as jy in ‘n verkiesing nie meer as 1000 stemme kry nie, moet jy sommer outomaties uitgeskop word na die tyd. Beslis net ‘n mors van geld, tyd en stemme.

Co ·

Sal intersant wees om te hoor as daar enige finansielle verpligtinge aan verbonde is om te (her) registreer. Kan my voorstel ‘n klomp van die sogenaamde partye kan nie eens die “airtime” bekostig om ‘n WhatsUp boodskap te stuur nie!

Amatambo ·

Nugter alleen weet waarom daardie klein partytjies – soos die K.I.S.S. en dalk “FOOTBALL” wat in 1994 tot stand gekom het, nog steeds probeer om aan bewind te kom , en dat daar mense is wat hulle nogondersteun… persoolikdik ek is hulle teenwoordigheid net ‘n kwessie van geld verkwisting wat opbeter maniere aangewend kan word. Kyk, gestel die ou Nasionale Party poog weer om te registreer, dink ek sal dit dalk aanhang vind, maar hier in Dr. Verwoerd se tyd het die land onder sy bewind so goed gedoen dat dit finansieël baie sterk was en ook bekend as die kragbron van Afrika – En of julle dit nou wil glo of nie, maar Verwoerd was ook baie gewild onder ‘n groot deel van die die swart bevolking , want werk was volop, die land was vreedsaam met baie min misdaad – en die illuminati het nie van hierdie toedrag van sake gehou nie, want Afrika was ‘n ryk minerale land – en ‘n trekpleister vir andere…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.