14 behandel ná pepersproei-lekkasie

pepersproeiVeertien mense word in die hospitaal behandel nadat pepersproei glo Donderdag by ʼn winkel in die middestad van Durban gelek het.

“Daar word vermoed dat die pepersproei of ʼn soortgelyke gas uit ʼn houer, wat deel was van die sekuriteitstelsel, gelek het,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, gesê.

“Daar was chaos toe paramedici by die winkel opgedaag het. Personeel en klante wat aan die gas blootgestel is, is behandel en na nabygeleë hospitale geneem.”

Die polisie het die gebied afgesper en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.