14 beseer tydens botsing op N1

Die ongelukstoneel op die N1. (Foto: ANA)

Minstens 14 mense is Saterdagaand beseer tydens ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n bus op die N1 noordwaarts in Johannesburg.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, is nooddienste omstreeks 20:30 na die toneel op die snelweg naby Olifantsfontein in die Midrand-omgewing ontbied.

Die vragmotor het gedurende die botsing sy hele vrag op die nasionale pad verloor, het Jamieson gesê.

Die beseerdes is op die toneel vir verskeie beserings behandel waarna hulle na hospitale gehaas is.

“Verkeer was erg deur die botsing geraak, aangesien die snelweg met die vragmotor se vrag besaai was.”

Volgens Jamieson was Johannesburgse metropolisie op die toneel om ondersoek in te stel oor wat presies gebeur het.

Maroela Media verneem die pad was gisteraand gesluit maar intussen weer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kas ·

Jozi, vir vragmotors wat wettig onderhou word. En terloops, Jozi, is meeste van die vragte op ons paaie veronderstel om eerder via treine vervoer te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.