14 buitelanders vas wat glo onwettig myn

Foto: ANA

Foto: ANA

Veertien buitelanders is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig gemyn het by Welkom in die Vrystaat.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn taktiese reaksie-eenheid van Welkom het roetine-patrollie gedoen toe hulle ʼn groep onwettige myners by die St. Helena-myn ibydie dorp gesien het. Die verdagtes, waarvan 12 van Lesotho kom en twee van Zimbabwië, is in hegtenis geneem. Hulle is tussen 18 en 42 jaar oud.

“Nie een van hulle het wettige dokumente om in Suid-Afrika te wees nie, dus sal hulle gedeporteer word,” het Thakeng gesê. “Die departement van binnelandse sake sal help om hulle te deporteer.”

Die verdagtes sal Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn.

Brig. Mzondi Mojafi, waarnemende Welkom polisiebevelvoerder, het die inhegtenisname verwelkom en gesê onwettige mynaktiwiteite is ʼn reuse probleem in die gebied. “Die inhegtenisneming sal ook ander misdade soos moord verminder, want hierdie zama-zamas baklei vir grondgebied om onwettig te myn, wat tot ʼn noodlottige skietery in Matjhabeng gelei het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Dink hieroor….Hierdie mense is desperaat om te oorleef. As dit nie so was nie, was hulle nie hier nie. As die regering hulle UIT gehou het, sou dit nie nodig gewees het om die SAPD te gebruik om hulle eie lewens in gevaar te stel, om arrestasies te doen nie. Was dit nie nodig om ‘n hof se tyd te mors nie. As hulle nie gevang was nie, het hulle gemyn om aan die lewe te bly. Nou word hulle teen belastingbetalers-koste versorg, verhoor, van regshulp voorsien, en gedeporteer……..net om maar volgende maand weer terug te wees, en so herhaal die proses homself, en so word miljoene Rande belasting wat gebruik kon geword het om lewens van Suid Afrikaners te verbeter, in die water gegooi. Hoekom verstaan die regering dit nie?

Mike de Beer ·

Johann kan hierdie ouens se betrokkenheid nie voor die deur van Jan van Riebeeck of apartheid gehou word nie? Die ganse Afrika bring hulde aan Mugabe en se versiendheid en fantastiese leierskap, nou wil ek maar net weet dat as dit so goed gaan in Zimbabwe waaroor sit daar miljoene Zimbabwiers in Botswana , Suid Afrika en elders en probeer oorleef deur te teer op gasheer ekonomiee? Lesotho was nog altyd ge – abba deur Suid Afrika, maar darem op wettige wyse en nie deur onwettighede nie. Die versiendheid van Afrika se geeerde leiers het ernstige nadelige gevolge vir iedereen en hulle weier om hulle verkeerde aksies te erken of te remedie. Is daar lig aan die einde van die tonnel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.