14 dranklisensies in Wes-Kaap opgeskort

(Foto: Henk Kruger/ANA)

Die Wes-Kaapse Drankowerheid (WCLA) het reeds 14 dranklisensies opgeskort en 37 sake ondersoek van oortreding van die nasionale rampregulasies.

Die handelaars het glo alkohol tydens die afsonderingsperiode verkoop. Van die 37 ondersoeke is 14 lisensies opgeskort en minstens 19 verslae word voorberei vir die dranklisensiëringstribunaal (LLT) vir oorweging.

Albert Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid, het weer ʼn waarskuwing uitgereik dat enige handelaar wat alkohol tydens die afsonderingsperiode verkoop ʼn boete opgelê sal word en moontlik hul lisensies sal verloor.

“Diegene wie se lisensies opgeskort is, moet binne 21 dae voor die LLT verskyn ná die afsonderingsperiode opgehef is om te verduidelik waarom die bevel nie gefinaliseer moet word nie. Artikel 20-verhore sal gevolglik geskeduleer word waar die LLT die lisensie kan terugtrek of ʼn boete van tot R115 610 kan oplê as die gelisensieerde skuldig bevind word dat hy enige wetgewing of riglyne oortree het,” het Fritz bygevoeg.

Hy het versoek dat die WCLA ingesluit sal word in elke saak waar alkohol verkoop is en ʼn inhegtenisneming gemaak is, sodat hulle die oorsprong van die transaksie beter kan monitor. “Ek verwelkom die resolusie dat geen alkohol terugbesorg sal word aan enige handelaar ná ʼn skulderkenningsboete betaal is nie.”

Hy doen ʼn beroep op die publiek om dadelik die polisie in kennis te stel wanneer alkohol onwettig verkoop word. Enige persoon wat ʼn klag wil indien, kan WCLA kontak by 021 204 9805.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maria ·

Ai en die smokkelaars maak pragtige winste. Dit baat seker om geen lisensie te hê nie

'n Simpelman ·

So wat jy sê is. Wettig dwelms want die dwelm smokkelaars maak pragtige winste????‍♂️

Petrus Klipkop ·

Al keur ek dit nie goed nie, kan ek verstaan waarom die handelaars handel dryf. Mense moet eet. Ek is heeltemaal ten gunste daarvan dat alkohol en sigarette nie vir “on-site” verbruik verkoop mag word nie (soos in ‘n kroeg), om samedromming te verhoed en sosiale afstand te hou. Laat drank- en sigaretverkope toe, met beperkings op items per klant asook beperkings op besigheidsure. Laat die werknemers toe om te eet. As ‘n dooie produk sonder verstand verban word omdat mense kies om dit onverantwoordelik te gebruik, hoekom dan word voertuie toegelaat op paaie, of elektrisiteit, of medisyne, of selfs eetgerei (wat alles as moordwapens gebruik kan word)? Dit is nie die ding se skuld nie, maar die mens wat die keuse maak.

Ek sal dit nie as magsvergryp beskou nie as die minister van polisie ook sy enigste bron van inkomste prysgee en in dieselfde toestande sal leef as wat hy nou afdwing op wat hy beskou as sy onderdane. Ek sê nie jaag winste nie, maar laat mense toe om te kan oorleef.

Petro ·

Ek stem 100% saam, Petrus. Moenie kos uit mense se monde neem net omdat sommige mense verkeerde besluite neem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.