14 ‘gevaarlikes’ ontsnap uit aanhouding in Modimolle

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat 14 verhoorafwagtendes Dinsdagmiddag uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die verhoorafwagtendes is tydelik in die oefengebied van die buiteselle aangehou en hulle het ontsnap deur ʼn opening te saag in die versterkte maasdraad wat die selle bedek.

“Die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek, asook hoe die saag in die aangehoudenes se besit gekom het,” het Otto gesê.

Die verdagtes wat ontsnap het is Forgive Ngube, Given Magashane, Dennis Hove, Philemon Moyo, Peter Habyane, Alfred Mokanyane, Philip Lasha, Collen Muleya, Ronald Lubombo, Andrew Shikakule, Piet Maarbeen Matsobane, Steven Motsobane, Andries Semayka en Tshepo Lelang.

Volgens Otto word die ontsnaptes as gevaarlik beskou en van hulle staan tereg op aanklagte van gewapende roof, huisroof, huisbraak en verkragting.

Otto doen ʼn beroep op die publiek om versigtig te wees en dadelik die polisie te bel as hulle verdagte persone gewaar.

Die verdagtes se name en waarmee hulle verbind word.

Die verdagtes se name en waarmee hulle verbind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Joann ·

Haha. Wat n grap. Kry maar bewaardes bymekaar en die waarheid sal uitkom. Korrup,skelm,agterbaks. Geld praat

Uit die Ooste ·

Gerhardus ek voel net soos jy. Ek het al kommentaar gelewer dan verskyn dit glad nie.
As dit blankes was sou hulle n saag gekry het sonder n lem. Maar HULLE kry n gaag met n lem.
Wat omkoop geld nie alles kan koop nie.

Veritas ·

Ek het dit al gesê maar ek sê dit weer. Dit blyk deesdae makliker om uit polisieselle te kom, as daarin. Die vlaag van ontsnappings is nie toeval nie. Hier is iets snaaks aan die gang. Al die ontsnaptes word as gevaarlik beskou. Nie een was gearresteer vir minder ernstige oortredings nie. Ek hoop ons sien die resultate van al die kamtige ondersoeke na die ontsnappings.

Wat-ek-lees ·

Kom ek probeer wéér: Indien hulle pienk was, sou hulle ook so maklik ontsnap het?

Chris W ·

Die SAPD in Nylstroom moet ondersoek word.En NIE deur hulself nie!!Dit was beslis ‘n “inside job” so die skuldige polisieman/ne is nog daar.Wys net weer hoe korrup die polisie is.Geen wonder hulle word nie meer vertrou nie!Toe ek groot geword het was ‘n polisieman beskou as jou vriend wat jou help.Ek het intussen tot die teenoorgestelde insigte gekom.

Gesiggie ·

Wat n groot grap….. ja nee stem inside job… hier is vir jou n saag…. maak soos jy smaak… hierdie skelms word as baie gevaarlik beskou… ja en intussen gaan roof hul nog n huis”’ lekker man.. hoop dat hul teminste gevang sal word, en dat hul hierdie keer in n baie meer saag proof tronksel gesit sal word.

Willie ·

Wat is versterkte maasdraad, klink soos kaas miskien nie eers ‘n saag nodig nie’n stomp mes sou dit dalk ook kan doen.

Michael ·

DISSIPLINE en VERANTWOORDELIKHEID die tekort hieraan is die oorsaak van omtrent al Suid-Afrika se probleme

Mike ·

Hallo maroela,laaste sin lees om polisie te bel as verdagte persone gewaar word, nou wonder ek maar net hoe lyk hulle,hoe gaan ek weet ?

Landi Slatter ·

Dagsê Mike

Maroela Media sal meer inligting en foto’s van die ontsnaptes bekend maak sodra die polisie dit beskikbaar gemaak het.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Kobus Du Plessis ·

Watse nare ding is ‘n Modimolle? Is dit ‘n modder mol of moderne Tannie Mollie? Noem maar die plek se gewone naam sodat almal weet waar dit is!

Tina du Toit ·

Ek ruik `n rot. Dit neem tog `n ruk om drade en trailies af te saag. Iemand moes iets gesien het en dit maar net laat gaan het. En hoe smokkel jy `n saag in, want dit gaan ure vat net om te saag met die lemmetjie. Nee nee, baie fishy.!!!!

Inge ·

Hi Willie, ek het gaan google hoe lyk maasdraad, die draad kan geweef word of net in gewone blokkies geswies word… Lyk vir my moeilik om te saag en as dit verhard is glo ek sal dit nog moeiliker wees. Ek kan verkeerd wees. Klink vir my ook na ‘n “inside job” daar moes beslis genoeg tyd gewees het om dit te saag en nog groot genoeg gesaag sodat hulle kon weg kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.