14 honde by hondegeveg in Pta gered

Een van die honde wat gered is. Foto: Verskaf

Waarskuwing: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in samewerking met die Pretoria-polisie het die afgelope naweek 14 honde by ʼn hondegeveg in die weste van die stad gered.

Die NDBV het in ʼn verklaring gesê ʼn klopjag is laat Vrydagaand tydens ʼn georganiseerde hondegeveg in Atteridgeville uitgevoer nadat die NDBV inligting van besorgde gemeenskapslede ontvang het.

“Die deelnemers het in ʼn afgeleë gebied bymekaargekom waar hulle gedink het niemand kan hulle opspoor nie. Twee honde was besig met ʼn bloedige geveg op die gras terwyl die deelnemers en toeskouers gelag en op die honde geskreeu het,” lui die verklaring.

Inspekteurs van die NDBV en die polisie het dadelik opgetree, die geveg stopgesit en ses mans in hegtenis geneem.

Die honde is na ʼn plek van veiligheid geneem en word daar versorg.

“Dit was skrikwekkend om die gevoelloosheid te sien van die mans wat genot daaruit geput het om na die honde te kyk en die diere aan te moedig om mekaar te verskeur,” het hoofinspekteur Wendy Wilson van die NDBV se spesiale ondersoekeenheid gesê.

Die NDBV het aanklagte van dieremishandeling en aanklagte wat verband hou met hondegevegte teen die verdagtes aanhangig gemaak. Die verdagtes het Maandag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel vir formele borgtogaansoeke. Die verdagtes bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kannaland ·

Selfde DBV wat ‘n maand terug jaghonde teruggegee het aan onwettige jagters, pla dit jou nie?

Annelize Vd Nest ·

Dis hoekom ek baie meer van diere hou as van mense.

Anna ·

Kom ons skenk eerder ‘n bedrag aan die onderskeie DBV’s in die toekoms. As jy diere so kan mishandel, dink net hoe gaan jy met mense om?

Johanna ·

SO bly hulle kon gered word. Dankie aan die betrokke persone. Mag die oortreders swaar gestraf word.

Waarde van volk gemeet ·

Iemand, ek dink Ghandi, het gese die waarde van n nasie kan gemeet word aan hoe hulle hulle hulle diere behandel.

Stephanie Rossouw ·

Dis darem vreeslik om sulke mooi diere so te mishandel hulle is van die beste wagdiere en beskermers as hulle Baie liefde kry en op die regte manier grootgemaak word. Dis jammer dat mense sulke monsters van hulle wil maak!

Koos B ·

Hulle het geen respek/gevoel vir mens of dier nie.Hulle is heel waarskynlik ook betrokke by vele ander geweldadige misdade. Sluit toe en gooi sleutels in die see,

aggenee ·

Overall is dit siek …… sluit hulle toe en gooi die sleutel weg. Goeie werk DBV.

Francois ·

Hierdie land is toksies vir mens en dier.
Niemand verdien dit om in SA te bly nie.

Lorraine ·

Kan sulke mense asb lank tronk toe gestuur word. Sulke dinge breek my hart. Kan ek net terloops noem dit is wat veroorsaak dat mense nie Pitbul honde vertrou nie. Ons het nou al twee gehad en die honde het van die mooiste persoonlikhede.

Hartseer, ongelooflik Hartseer ·

“An animal’s eyes have the power to speak a great language. “- Martin Buber.

Baie dankie aan die Dierebeskermingsvereniging, ook die Polisie, wat die diere help wat hulle nie self teen die mens se boosheid kan beskerm nie.

Dellie ·

HOOP HULLE WORD VIR ALTYD TOEGESLUIT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Blondie ·

Hopelik kan die DBV die diere rehabiliteur en aan waardige huise toeken. Ek het self 2 pietties en hulle is die

Sue Theron ·

As ek sulke berigte lees pyn my hart leterlik en ek sukkel om asem te haal. Ek hoop die arme diere kry goeie huise.

Amber ·

Baie dankie vir die harde werk DBV! Julle kry min finansiële hulp en probeer julle bes. Ons nasie is omtrent in sy dinges as jy kyk hoe die meeste mense met diere werk. Die berig van die robwelpie is tragies en die mans loop vry rond! As jy die natuur en diere respekteer sal jy jou medemens ook beter behandel. Geen wonder ons misdaadsyfers is wat hulle is nie.

Nici ·

Al is hulle deur so baie, kan mens sien hulle smag na liefde! Ek hoop hulle kry goeie liefdevolle huise met mense wat omgee!

humor ·

Ons wil nie die hondegesigte sien nie. Hulle is onskuldig. Ons wil die misdadigers se gesigte sien.

Marna ·

Welgedaan DBV!!!!!

Dis mense soos die wat die Pitbull ras slegte naam gee.

Gerda ·

Ek stem 100% saam. My eerste hondekind was n Pitbull en dis al hond wat ek ooit wil he. Hulle is die mooiste diere met die beste persoonlikhede. Jou hond is n refleksie van sy/haar eienaar, en jammer om te sê maar Pits word verkoop aan verkeerde mense wat dan hulle bloedlyn daar buite so vervuil en dan veroorsaak dat mense hulle dan haat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.