14-jarige beseer tydens vuurwapenongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige tiener van Ladysmith in KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand nadat hy per ongeluk in die been geskiet is.

“Paramedici het die seun in een van die kamers in die huis aangetref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy is in sy bobeen getref.”

Die tiener het glo met die vuurwapen gespeel toe dit per ongeluk afgegaan het.

“Die seun is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal in Ladysmith geneem vir verdere mediese behandeling,” het hy gesê.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Volgens die berig het die vuurwapen hom in die been geskiet en nie hy met die vuurwapen. Mens speel NIE met hierdie goed want hulle skiet jou.

CHRISTA ·

Waar lê ‘n vuurwapen net rond! Kan jy dink as ‘n 7 jarige dit in die hande gekry het en net ‘speels’ begin skiet het? Die polisie moet dadelik beslag op die wapen lê en die eienaar aankla van nalatigheid.

Ina Smith ·

Waar kry die kind die vuurwapen? per ongeluk afgegaan?? Mens ‘ speel ‘ nie met ‘n vuurwapen nie ?waar was sy ouers of eienaar van die wapen ?? Agg nee ons leef in ‘n ingeligte era , daar is nie meer verskonings vir nalatigheid en onverantwoordelike volwassenes nie ,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.