14-jarige dood aangetref in veld

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van moord ná ʼn 14-jarige meisie dood aangetref is in ʼn veld in Rosedale in Upington.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê iemand wat Maandag hout opgetel het in die veld, het op die meisie se liggaam afgekom. Hy het die polisie ontbied.

Die meisie is Sondag laas gesien toe sy ʼn kerkdiens bygewoon het. Sy het verskeie steekwonde opgedoen. Sy was ʼn skolier in die plaaslike skool in Rosedale.

“Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, Lebogang Tonyane, te kontak by 054 337 0113 of 078 130 1234,” het Tawana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ian ·

Wat kon sy ooit gedoen het om dit te verdien. Sy was nog pure kind. Waarheen is ons as nasie op pad.

Thomas ·

Met jou. Die berig is egter net dit – ‘n berig. Niemand gee ‘n hel om nie. Dit laat my woedend. Net ‘n weerlose kind. Nee, ‘n weerlose meisiekind. Wens ek was daar om jou te red…

Kobus ·

Maar die Politieke ( Leiers????) , die hele lot van hulle kan baie praat wanneer hulle will vir Politieke doeleindes maar verder voel hulle boggerol. Is mos nie hulle kinders nie.

Risa ·

Hoekom gebeur dit nie met die ministers en politieke rolspelers se kinders nei, want hulle bly in buurte wat veilig is dat hulle tot 2h in die oggend sonder enige vrees byte kan wees. Hulle gee nie ‘n hel om vir die voters en armer groepe in die land nie. Dis mos nie iemand se kind wat status het nie, so daar gaan dadels van kom!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.