14-jarige glo by modelagentskap verkrag

(Argieffoto)

ʼn 50-jarige man is Dinsdag by ʼn modelagentskap in Loopstraat in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo verlede week ʼn minderjarige meisie verkrag het.

Dit is nog nie duidelik of daar moontlik nog slagoffers is nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die man het na bewering verlede Woensdag ʼn 14-jarige meisie tydens ʼn fotosessie by die agentskap verkrag.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Kaapstad asook die provinsiale eenheid vir reeks- en elektroniese misdade het op inligting gereageer wat daartoe gelei het dat die man by die agentskap opgespoor en in hegtenis geneem is.

Die man sal na verwagting Woensdag in die streekshof in Kaapstad verskyn op aanklagte van verkragting.

Rwexana sê enigiemand wat moontlik as slagoffer onder seksuele geweld by dié modelagentskap deurgeloop het, moet die ondersoekbeampte, sers. Graham Davids, by 082 522 1086 in kennis stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

het die man van die straat af sommer net by die modelagentskap ingestap of het hy daar gewerk? So iets gebeur nie sommer net nie.

Wielspore ·

Ons dogters het albei modelwerk gedoen as kinders, toegangsbeheer is toegepas en selfs ouers is nie toegelaat gedurende klasse. Daar was ‘n heerlike koffie kroeg waar ouers kon sit. Gedurende kompetisies is slegs die eienaar se man toegelaat om fotos te neem. Ouers het op hulle sitplekke bly sit en kinders was altyd onder toesig. Ten opsigte van die berig, mag die oortreder die swaarste straf kry vir sy oortreding.

Stofdonkie ·

Inligting oor ander misdrywe by die agentskap maar daar word nie gesê wie is die agentskap nie

Hekwag ·

In 2011 was dit Dawie de Villiers van Kempton Park wat nou lewenslank sit. Daar sal altyd nog een wees. Modelle is veels te jonk, in elk geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.