14-jarige kry skyfies ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige uitlander wat in Suid-Afrika woon, is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn 14-jarige meisie in Bethlehem in die Vrystaat.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het gesê die man het na bewering die tienermeisie Dinsdag na die agterkant van sy snoepwinkel in Bohlokong gelok, waar hy haar verkrag het.

“Hy het ná die daad vir haar ʼn pak skyfies gegee om haar stilswye te koop,” het Mohobeleli gesê.

Drie vroue van die gemeenskap het die meisie in die omgewing in trane aangetref. Hulle het hulle oor haar ontferm en haar huis toe geneem waar die meisie hulle van die voorval vertel het.

Die meisie het die verdagte aan hulle en die polisie uitgewys, waarna hy in hegtenis geneem is.

Hy sal na verwagting Donderdag in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ampie ·

Ek wonder oor die rede vir die berig. Volgens vorige statistiek word daar gemiddeld elke 26 sekondes iemand verkrag in SA. Dit beteken duisende soortgelyke berigte kan daagliks geskryf word, wat uiteraard nie gebeur nie. Is dit dalk die “buitelander” wat betrokke is wat meer aandag trek? In die geval van Bohlokong en die pak chips verwys dit moontlik eerder na ‘n “buitelander” van Lesotho of Zimbabwe.

KarooKlong ·

Buitelanders wat bekend is om spazawinkels te bedryf kom ook van Bangladesh, Pakistan, ens. af.

jennefer ·

Karooklong is reg, hier by ons is die hoofstraat vol winkeliers wat van bogenoemde lande kom. Ons het n haarsalon waar elke 3e maand n nuwe persoon hare sny, vra mens waar is die vorige , word gese, hy is JHB toe.

koos ·

Is dit hoe dit vandag werk “Jy het jou chips ” nou hou jy jou mond en wees tevrede!!

Gessie ·

My simpatie met die kind en ouers ,hoop daar gaan iets van kom,ons bly ook in die Vrystaat en dit het my klein dogter 4jr trug oor gekom sy is op 10jr vir maande deur n buitelander gemolesteer voor sy dit vertel ,en daar nix van gekom nie , hukom nie ? Want hy het omkoop geld gegee om di bewyse te laat verdwyn by aanklagte , en glo my sy was ni 1ste slag offertjie ni ,ja buitelander kom glad ni meer in dorpie nie want sy familie doen sy winkel nou ,maar hy weet wat goed is vir hom , glo my as ek hom ooit raak loop in die dorpie kap ek elke vinger af , dit sal moeite werd wees as ek dan tronk toe gaan

Bloues ·

Dit laat my dink aan die berigte van die Bundu Hof wat n man vang, hom verhoor en oordeel en straf binne ‘n dag. Met omkoopgeld wat dosiere laat verdwyn kan ek insien hoekom die mense so optree.

Skatymir ·

Ek wonder ook oor die rede vir die plasing van die berig. Dit gee eerstens nie genoeg inligting om betekenis te hê nie en dit laat mens geensins meer ingelig nie want dit gebeur daagliks honderde kere. Relevant & betekenisvolle nuus asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.