14-jarige meisie vas vir moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 14-jarige meisie sal na verwagting Donderdag in die Warrenton-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklag van moord.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie was Woensdagaand saam met haar ma en ouma by die huis toe haar 46-jarige oom glo onder die invloed van alkohol opgedaag en tabak van die ouma geëis het.

“Sy ma het geweier en hy het gedreig om die tienermeisie leed aan te doen indien hy nie tabak kry nie,” het Naidu gesê. “Die oom het ʼn mes in die kombuis gaan haal voor hy die meisie geklap het.”

Die meisie het glo terugbaklei en hy is in sy linkerhand en rug met die mes gesteek. Hy is op die toneel dood. Die meisie is tans in die sorg van ʼn maatskaplike werker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pop ·

Moord?????Of is dit nou oordat n jong kind haarself teen n man beskerm het. Sy kort n medalje

Suzette ·

Vir moord????? Dit was selfverdediging. Indien sy dit nie gedoen het nie was sy vandag in die lykshuis. Nee wat, hy het gekry waarvoor hy gesoek het. Stem pop, sy verdien ‘n medalje. Erens moet die booswigte gestuit word.

scalla ·

jul opskrif maak nie sin nie, sy het haar self beskerm volgens jul berig, sy het nie gegaan om dit te pleeg nie, sy is tans in sorg geplaas, vas beteken sekerlik in die tronk of veilige bewaring, of verstaan ek verkeerd?

Nuus_Leser ·

Moord? Nee… Selfverdediging… Wel gedaan meisie, ek stem jy verdien ‘n medalje!

charmaine ·

Verseker selfverdediging. Sy verdien n nobel prys, ten minste is een gemors uit die samelewing uit.

MADELAINE ·

Hoekom vas vir moord??? Sy het haarself verdedig!! Hoe anders moes sy reageer met iemand wat met soveel geweld en n mes op haar afkom? Barbaar!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.