14-jarige se verkoolde liggaam gekry

Die 63-jarige vrou se huis wat deur lede van die gemeenskap gebrand is (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ʼn 14-jarige meisie is Sondag in Seshego buite Polokwane in Limpopo gevind nadat sy sedert die begin van die maand vermis word. Haar liggaam was gedeeltelik verbrand.

Morongwa Marakalala is op 5 Mei omstreeks 21:30 as vermis aangemeld. Die polisie van Senwabarwana in Seshego in Limpopo en lede van die gemeenskap het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur.

Ná ʼn twee week lange soektog is die meisie se verkoolde liggaam toe op ʼn koppie in die Senwabarwana-gebied buite Seshego ontdek.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê inwoners van die Silvermine-nedersetting het verlede Maandag die huis van ʼn 63-jarige vrou afgebrand omdat hulle geglo het sy was betrokke by Morongwa se verdwyning. Hulle het dié vrou en haar familie van heksery beskuldig.

Mojapelo sê 13 verdagtes is daarna in hegtenis geneem op aanklag van brandstigting. Hulle sal weer na verwagting Donderdag in Senwabarwana se landdroshof verskyn waar hulle formeel om borgtog kan aansoek doen.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale kommissaris van Limpopo, het sy misnoeë uitgespreek oor die wreedaardige moord op die kind. Hy het die polisie se ondersoekspan opdrag gegee om so gou moontlik die moordenaars op te spoor.

“Ek waarsku die lede van die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie, maar om eerder die polisie te help in hul ondersoek om die skuldiges op te spoor,” het Ledwaba gesê.

Enigeen wat inligting het wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, kan die ondersoekbeampte Albert Manaka by 082 414 6634 of die misdaadlyn by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PieterP ·

Die bundu geregtigheid sal aanhoy terwyl die polisie nie hul kant bring nie

Sarel ·

Snaaks lees twee berigte vanoggend. Een waar die Polisie gekritiseer word omdat hulle wou wag vir toetusting pm liggaam uit pyp te verwyder en tweedens waar ‘n Gemednskap ‘n ou vrou se huis afbrand en kind se verkoolde liggaam gevind is, sonder kritiek van die mense wzt altyd gereed staan om.klippecte gooi
Laat mens dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.