14-jarige skiet per ongeluk skolier dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige is in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy per ongeluk ʼn skolier doodgeskiet het.

“Edmond Mololo Raseona (14) van Mankweng is bo sy linkeroog geskiet,” het kapt. Mohlaka Mashiane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die 14-jarige het na bewering sy 65-jarige oom se vuurwapen uit die kluis gesteel en is na Mankweng vir ekstra klasse.” Die twee seuns was albei in Graad 9 by verskillende skole in die gebied.

“Hy het met die vuurwapen begin speel en gedreig om Edmond te skiet. ʼn Skoot het afgegaan en Edmond is op slag dood,” het Mashiane bygevoeg.

Die 14-jarige is in hegtenis geneem op aanklag van moord. “ʼn Saak van die nalatige besit van ʼn vuurwapen is teen die 65-jarige man aanhangig gemaak. Hy is ook in hegtenis geneem. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vuurwapen nie gelisensieer was nie.”

Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Valie ·

Baie onwettige wapens in hul besit, baie van die wapens wat ons naiewelik by die SAPD ingehandig het dalk ook….. Die sleutelwoorde: ‘Die vuurwapen nie gelisensiëer…. nie.’

Cherokee ·

Valie, ek het ook klem op daardie woorde gelees en dit anders vertaal as jy. Miskien is dit ‘n geval van ‘n lisensie wat nie hernu is nie.

willem ·

as n kind kafee toe gaan n pakkie chips koop dit oopmaak en eet dan is dit oor hy dit wou doen maar as n kind n vuurwapen steel met hom speel en iemand raak skiet dan was dit n ongeluk en wou hy dit nie doen nie dis n dom n dom vergelyking ek weet

Wouter ·

Dit is nie nalatige besit nie. Dit was ook nie n ongeluk nie. Dit is onwettige besit van vuurwapen en ammunisie. Die mannetjie het gese hy gaan hom skiet volgens die berug en het dit toe gedoen. Sal graag wil weet wie was die oorspronklike eienaar van die wapen en waar het hy die ammunisie gekry sonder n lisensie.

Johan ·

Hy steel die wapen. Hy dreig sy maaitjie toe skiet hy hom per ongeluk. Belaglik

Lelani ·

Per ongeluk!!!!!! Nee wat dit was geen ongeluk hoekom het hy die wapen gehad rammetjie uitnek!!

Jackie ·

Hoe is dit n ongeluk as die kind gedreig het dat hy die ander een wil skiet???

Lindie Lourens ·

Dis omdat kinders nie meer met speelgoed speel nie, maar hul groot hou, dat sulke dinge gebeur.

bakoor ·

Was hier ook n tiolet deur betrokke of was dit O gaats sorry my maatjie. As hy n wapen kan hanteer kan hy tronkstraf ook kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.