Die gr. 7-leerder, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie aangesien hy minderjarig is, is Woensdag in die Nelspruit-streekshof skuldig bevind.
Hy is op 8 Mei 2012 in hegtenis geneem nadat hy op heter daad betrap is terwyl hy die meisie verkrag het. Hy was 12 jaar oud ten tyde van die voorval. Die seun het onskuldig gepleit op aanklagte van aanranding en verkragting.
Landdros André Geldenhuys het gesê die minderjarige het die hof probeer mislei deur telkemale sy getuienis te verander. Geldenhuys het gesê al is die beskuldigde minderjarig het hy aan die hof gesê hy weet wat verkragting beteken. Volgens Geldenhuys het die staat sy saak bo redelike twyfel bewys.
Die seun is in die sorg van sy oom vrygelaat en die saak tot 28 Mei uitgestel vir ʼn voorvonnisverhoor.
Julle het al die berig geplaas. Tekort aan materiaal?
Tom, die kind is eers gister skuldig bevind, so Maroela kon nie die berig al voorheen geplaas het nie.
Goeie christen genade ….. nog pure kind & nat agter die ore & hy woeker reeds met hormone wat hom pla … aaai , dit is skokkend om sulke berigte elke dag te lees oor hoe vroeg jong kinders seksueel aktief is ….
Hy kan baie bly wees hy is NIE my kind nie ……