14-jarige sterf by inisiasieskool

'n Inisiasieskool in Limpopo. Foto: Chester Makana/ANA

‘n Inisiasieskool in Limpopo. Foto: Chester Makana/ANA

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na die dood van ʼn 14-jarige seun by ʼn inisiasieskool.

Die seun is Sondag in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo oorlede nadat ʼn besnydenis glo skeefgeloop het.

Hosi Eric Mdavula Chauke van die werkskomitee oor inisiasieskole het gesê hulle ondersoek tans die saak. Volgens Chauke sluit talle seuns self by die inisiasieskole aan sonder om na te gaan of die skole wettig bedryf word.

Chauke het gesê die ondersoekkomitee is op die punt om vyf ander skole se deure te sluit. Meer as 325 skole is ondersoek en daar is bevind dat vier skole onwettig bedryf word.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het aanvanklik 376 aansoeke van inisiasieskole ontvang om hulle wettig te laat verklaar. Die skole wat wettig verklaar word, mag dan praktyke soos besnydenisse uitvoer.

Altesaam 51 van die inisiasieskole het die saak Maandag tot by die hooggeregshof gevoer en geëis dat ongemagtigde skole mag voortgaan. Die hof het egter in die guns van die departement beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

wern ·

Ja Poplap, so kwaai soos jy soms hier kan wees het jy n goeie hart.

Hendrik Havenga ·

Word hulle van moord aangekla, née dis mos tradisie doen ek het is daar die tronk

Lance ·

Leer nie en doen ook niks nie …elke jaar dieselfde storie …volgende jaar maar net weer

GES ·

Wat ‘n grap! Vir elke sogenaamde ‘onwettige’ inisiasieskool wat gesluit word word twee nuwe ‘onwettige’ inisiasie-skole oopgemaak. Wil hulle werklik die probleem oplos?

John ·

As hulle wil besny, hoekom doen hulle dit nie soos die Jode, kort na geboorte nie? Dit lyk na groot geldmaak sonder opgeleide medici se insette. Uiters primitiewe en onhigieniese gebruike wat nie strook met die konsep van vooruitgang nie. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Vigs en ander siektes word ook so versprei, dan nie?

Andrea ·

Dit is kultuur en tradisie; los hulle. Die sterftes is deel van die proses; dit word tradisioneel so aanvaar.

hans ·

As die ouers so graag die seuns wil laat besny waarom word dit nie kort na geboorte in die hospitaal gedoen nie,daar moet nie agter sg tradiese geskuil word nie. Die skole moet summier verbied word want baie jongmanne word deur die nie mediese opgeleide persone vermink.

Hendrik Havenga ·

Sjoe Andrea ek verskil, dis moord daar is geen verskil tradisie of nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.