14-jarige sterf ná hoof hom glo aanrand

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn 14-jarige skolier wat in die hospitaal opgeneem is nadat sy skoolhoof hom glo aangerand het omdat hy na bewering R150 gesteel het, het aan sy beserings beswyk.

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het Maandag bevestig Siphamandla Choma is oorlede.

Die hoof van Manyano Primary School in Middelburg is van wangedrag aangekla en het Vrydag vir die eerste keer voor ʼn dissiplinêre verhoor verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die tiener is verlam gelaat ná die aanranding. Hy is Sondagaand in die hospitaal oorlede. Die departement het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om “die ware oorsaak van sy afsterwe te bepaal”.

Regina Mhaule, LUR vir onderwys, en Gillion Mashego, LUR vir gesondheid, het hul medelye aan die familie, die skool en almal wat deur die voorval geraak word, betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hanna ·

Dit is beslis moord. Hy hoekom is hy nog nie aangekla nie! !!

Lizelle ·

Wangedrag- watter absolute verkeerde woordkeuse vir blatante misdadige optrede en moord, Wie de joos bepaal die tipe uitspraak?

Liberaal ·

Bloed is aan die hande van die liberales wat vanpaste straf onwettig maak, daarom gebeur sulke dinge. Kinders mag nie net steel nie, maar effektiewe strafmaatreels moet in plek wees, anders gebeur sulke dinge.

Mielie ·

Hoekom maak die EFF nie lawaai nie. Hulle fokus mos op die jeug. Miskien is dit net nie in hul belang nie. Die skool is nog nie afgebrand nie. N kind is dood geslaan by die skool en die LUR het Nog nie die skool besoek nie? Dit is moord maak nie saak hoe jy die prentjie wil in kleur nie. Politieke partye raak net betrokke by ras. Sal daarvan hou om te sien hoe die saak hanteer gaan word……

Scalla ·

Waar is n ene Lesufi wat se mond altyd groot is oor onderwys, klomp ruggraat lose Soustrein ryers

SARIE VAN HEERDEN ·

Sal nie die woord MOORD gebruik nie. Neem die skoolhoof se posisie in oenskou. Was waarskynlik nie hiedie seun se eerste diefstalklag nie en dan moet die skoolhoof die probleem uitpluis en oplos. Ek lees DESPERAATHEID die skoolhoof se kant in hierdie geval. Voor ons oordeel moet ons die hele prentjie weet.

Marietjie ·

Sarie van Heerden maak nie saak hoeveel die kind probleme gegee het nie die skoolhoof moes hulp kry vir die seun en nie geweld toepas op ‘n kind of enige iemand nie.Dit is moord want as hy opreg ‘n hoof van ‘n skool is moet hy van beter weet.

ek stem saam ·

Net so. Onderwysers word beproef en kinders is altyd onskuldig? Vandag se kinders kan doen net wat hulle wil en wegkom daarmee. Kom ons wag eers en kyk wat die ondersoek oplewer voor enige afleidings gemaak word.

Elize ·

Twak. Geen onderwyser slaan n kind dood uit desperaatheid nie. Dis pleinweg barbaars. As dit die optrede van die skoolhoof is, terwyl hy weet lyfstraf is verbode, wonder ek wat broei nog daar uit? Ek stem saam dat sommige van vandag se skoolkinders heeltemal uit die hand uit is, en dat onderwysers met hul hande in hul hare sit, maar daar is perke.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek hoor daagliks van onderwysers wat of mediese behandeling kry of sommer summier bedank net om van die onhebbelike skoolkinders weg te kom deur wie hul soms ook aangerand word. Foto’s van sulke gebeure verskyn in koerante en op video,

Jaco ·

Enige onderwyser, en eintlik enige mens, wat aan ‘n kind (of ‘n ander mens) slaan moet onmiddellik van aanranding aangekla word. Geweld is nie die manier om probleme op te los nie. Onderwysers wat nie dissipline kan handhaaf en moeilike kinders kan hanteer nie, moet leer hoe om dit te doen of ander werk kry.

Juanita ·

Selfbeheersing belangrike eienskap van onderwyser Nevermind vd hoof! Om 14jr kind darem te slaan totdat hy verlam is is te wreed vir woorde

My opinie ·

As jy nie ‘n onderwyser/hoof is nie, geld jou opinie nie regtig nie. Kinders verg geduld, uithouvermoë en sosiale kennis en vaardighede. Vandag se kinders is nie dieselfde toe ons kinders was nie. My opinie: As jy n onderwyser/hoof is moet jy bedank as jou denke enigsins lei na geweld, wangedrag of selfs moord ongeag die kind se dade, dis die prys wat jy betaal. Nie enige iemand kan in die onderrig posisie sit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.