14-jarige vas na hy glo leerling met mes steek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige skoolseun is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn medeleerling met ʼn mes gesteek en gewond het by ʼn skool in Nancefield naby Lenasia, het die polisie in Gauteng gesê.

Konst. Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee leerlinge het glo Maandag by die Zerowa Christian Academy in ʼn geveg betrokke geraak.

Die 14-jarige gr. 8-leerling het glo die 16-jarige slagoffer met ʼn klip gegooi. Die 16-jarige wou glo terugbaklei maar ʼn onderwyser het tussenbeide getree. Die 14-jarige kon egter daarin slaag om ʼn Okapi-mes uit te ruk en die ander leerling daarmee te steek.

Volgens Chauke het die 14-jarige hierna die mes oor ʼn heining gegooi. Onderwysers kon daarin slaag om die seun aan te keer en die mes te vind. Die seun is in hegtenis geneem en is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die verdagte is na ʼn plek van veiligheid geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nina ·

Aanranding? Ok dan…..

Wat maak ‘n 14jarige met ‘n mes? En wat maak hy met die mes by die skool? Barbaars.

Theresa ·

Doodstraf !! As jy op so wyse ‘n lewe neem moet jy uit die samelewing verwyder word deur die doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.