14-jarige vas oor onwettige vuurwapen

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes, waaronder ʼn 14-jarige tiener, is in Klerksdorp, Noordwes, in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens.

“Die tiener het ʼn vuurwapen, drie rondes ammunisie, twee skootrekenaars en ʼn skootrekenaarlaaier by hom gehad,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy word ook verbind met twee huisrooftogte in Ventersdorp en Klerksdorp.”

Volgens Mokgwabone is die tweede verdagte ʼn middeljarige man wat glo met ʼn vuurwapen, vier rondes ammunisie en ʼn lugtydmasjien betrap is.

“Elf verdagtes is tussen Dinsdag en Donderdag as deel van ‘Operation Fiyela’ in hegtenis geneem,” het hy bygevoeg. “Sewe persone is met dagga en Kat betrap en twee is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog. Een van die persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn moord wat in Welkom in die Vrystaat aangemeld is.”

Die klopjag is gesamentlik deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die SA Nasionale Weermag en die departement van binnelandse sake uitgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Sluit hom op! As hy op hierdie ouderdom al sulke bose dinge aanvang, wat gaan hy maak as hy 21 is? Hou hom ten minste 10 jaar in die tronk en lei hom op in ‘n ambag sodat hy vir homself kan sorg sodra hy uitkom. Dan sal hy geen verskoning hê om terug te val op sy misdaadloopbaan nie.

scalla ·

Maak sy ore vir hom oop, waar is die dae van rottang gee, die klein krimineel moet voel, vroeg ryp, vroeg vrot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.