14-jarige vas oor poging tot moord

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het gesê hy veroordeel die betrokkenheid van minderjarige kinders by kriminele bedrywighede.

Dit volg nadat ʼn 14-jarige meisie in Bolobedu in hegtenis geneem is op aanklag van poging tot moord.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het vermoedelik haar ses maande oue babaseuntjie in ʼn puttoilet gegooi. “ʼn Verbyganger het gesien wat gebeur en het die polisie ontbied,” het hy gesê.

“Die polisie het vinnig reageer en die baba is veilig uit die toilet gehaal. Hy is dadelik na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die tiener verskyn na verwagting Maandag in die Bolobedu-landdroshof op aanklag van poging tot moord.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

Dis wat gebeur as kinders kinders kry, in plaas van kind wees. Vir die res van die wêreld is dit “poging tot moord”….vir haar is dit “damage control” en ontslae raak van ‘n verantwoordelikheid waarvoor sy nie amper gereed is nie. Hoe versorg ‘n 14 jarige ‘n baba, en dit heel moontlik sonder ‘n inkomste of ‘n lewensmaat? Hoe kan ‘n mens ‘n ander uitkoms verwag?

snoefie ·

sy het beslis op 13 swanger geraak. iemand is skuldig aan ten minste statutere verkragting ek hoop on spoedig te hoor die verkragter is aangekeer en vervolg.

Susan ·

So hartseer. Nou moet Sy op 14 tereg staan vir poging tot moord. Waar was haar familie. Sy is self nog ñ kind…. wat het daar gebeur dat Sy swanger geraak het op so ñ Jong ouderdom???? Weer wens waar is verantwoordelike toesig???? Die babatjie en Sy is uitgelewer aan ñ wrede wêreld…

Tanya ·

Sy het een van twee keuses gehad Susan. Sy kon of die baba voor iemand se deur gesit het of sy kon verantwoordelikheid gevat het vir haar dade, maar nee, toe besluit sy dat sy maar liewer “ontslae” sal raak van die “probleem”. Sulke dinge gebeur omdat vandag se kinders veel te vroeg “groot mense” wil wees. Gee vir elke kind ‘n hasie om te versorg of ‘n goudvis, vir slegs ‘n week, dan sal ‘n hele klomp van hulle met toe bene rondloop en dan sal dit so bly. Die staat verskaf veel eerder kondome in oormaat as om hulle te leer wat reg en verkeerd is.

w ·

Baie gevalle van statutere verkragting hier by ons. Die ouers van di meisies doen nix. Hul sien net kinderToelaag vi die nuwe baba. Ek gesels gedurig met sulke oumas. Die blaam moet op govt geplaas word. Die krimineel het menseregte.

H ·

Kinders van vandag het nie meer verantwoordelikheid nie. Hulle dink hulle kan maak soos hulle wil, want die ma of ouma gaan die probleem vir hulle reg maak. Hoeveel kinders van 12 tot 16 is seksueel aktief? Hoeveel van hulle drink alkohol en rook? Die wet sê kinders vanaf die ouderdom van 12 kan consential sex hê. Die wet sê ook daai selfde kind kan ‘n aborsie kry sonder haar ouers se toestemming as sy so voel. Dus die kinders maak soos hulle wil en as die paw paw die fan slaan weet hulle nie hoe om daai verantwoordelikheid na te kom nie. So ek stem saam dat daai kind aangekla moet word vir moord. As sy dinge wil doen van ‘n grootmens, moet sy punch vat soos ‘n grootmens

petro ·

Dit is wat nou gebeur as kondome en ander goed by skole uitgedeel word en dan bied die regering nog n kinder toelaag vir hulle ipv vir hulle n goeie bonus gee as hulle hulle skoolopleiding klaar maak sonder babas

G ·

H en Petro, ek stem 100% saam. Dalk is sy verkrag, maar die moontlikheid is netso groot dat sy al lank seksueel aktief is, uit eie keuse. Die wat AL die blaam op die ouers plaas – het jul ouers permanent geweet wat jul doen toe jul 13 was? Mens kan ‘n kind baie dinge leer, op die ou einde maak hul hulle eie keuses en moet die nagevolge daarvan dra. Sit die kind op ‘n veilige plek neer as jy dan nou so desperaat raak om van hom/haar ontslae te raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.