14-jarige verdrink by St. Lucia

Foto: Netcare 911

ʼn Veertienjarige meisie het Saterdag in die see by Jabula-strand in St. Lucia in KwaZulu-Natal verdrink.

Volgens Craig Lambinon is die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) omstreeks 11:00 na die strand ontbied.

“Met ons aankoms op die toneel is die meisie reeds deur omstanders uit die see gehaal. Daar is met mond-tot-mond-asemhaling begin en paramedici het kort daarna op die toneel aangekom.”

Foto: Netcare 911

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die meisie het glo saam met vriende geswem toe sy in die moeilikheid beland het.

Paramedici het by die pogings om die meisie by te bring aangesluit. Haar toestand het egter versleg en sy is kort daarna op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede van die voorval word ondersoek. Lambinon het die NSRI se medelye met die meisie se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mel ·

Ek is besig om heeltemal genees te raak van di see! Dis nêrens veilig ni ek weet maar di verdrinkings in daardie groot blou waters het nou maar net te veel geraak! Ek het respek vir di natuur! Riv meisie

Philip ·

Ai baie tragies. Die see is maar gevaarlik vernaam as die strome begin swaai. Innige simpatie met ouers en familie.

Bietjie baie ·

Ons woon by die see en ondervinding het al geleer dat veral Binnelanders geneig is om waarskuwings borde langs die see te verontagsaam / ignoreer. Die see is nie iets om ligtelik op te neem nie. See strome is uiters onvoorspelbaar en gevaarlik.
Maak n punt daarvan om eers seker te maak an alle inligtings borde voordat jy vakansie begin hou.

Bietjie baie ·

Ons woon by die see en ondervinding het al geleer dat veral Binnelanders geneig is om waarskuwings borde langs die see te verontagsaam / ignoreer. Die see is nie iets om ligtelik op te neem nie. See strome is uiters onvoorspelbaar en gevaarlik.
Maak n punt daarvan om eers seker te maak an alle inligtings borde voordat jy vakansie begin hou.

Ronel ·

Ons is tans in St. Lucia. Die weer en wind was rerig onaangenaam vandag.
My innige simpatie aan haar ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.