14-jarige verdrink in Durban

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

ʼn 14-jarige tienerseun het Vrydagmiddag by Snake Park-strand in Durban, KwaZulu-Natal verdrink nadat hy en twee van sy maats in die moeilikheid beland het.

“Die seuns het gaan swem en het in die golwe in die moeilikheid beland,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Lewensredders het hulle vinnig uit die water gehaal.”

Volgens Botha was die lewensredders reeds besig met KPR op die 14-jarige seun toe paramedici van Netcare 911 en die polisie se soek- en reddingseenheid by die toneel opgedaag het.

Die ander twee seuns, onderskeidelike nege en 17 jaar oud, is op die toneel gestabiliseer nadat hulle ook byna verdrink het.

“Alle pogings om die tienerseun te red, was tevergeefs,” het Botha bygevoeg. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die ander twee seuns is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Hoe laat ouers hulle kinders gaan swem SONDER enige toesig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.