14-jarige verdwyn in Oos-Kaap

Rochelle Prins (Foto verskaf deur SAPD Oos-Kaap)

Die polisie in Kariega in die Oos-Kaap vra die gemeenskap se hulp om ʼn 14-jarige tiener op te spoor wat Vrydagoggend as vermis aangemeld is.

Rochelle Prins en haar 16-jarige sussie kuier die skoolvakansie by hul ma in Kariega, sê kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie. “Hul pa het hulle verlede week Sondag (3 Oktober) by die huis in Lower Drosdystraat afgelaai.”

Die tieners bly gewoonlik saam met hul pa in Gqeberha (Port Elizabeth).

“Die gesin is Donderdagaand bed toe. Die ma het Vrydagoggend opgemerk Rochelle word vermis. Haar sak met klere het ook verdwyn. Sy het ʼn brief vir haar pa gelos.”

Dit is nie bekend watter klere sy gedra het toe sy die huis verlaat het nie.

Enigiemand met inligting oor Rochelle word versoek om speurder ao. Patrick Ndoni te kontak by 072 732 4847. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en persone kan anoniem bly.

Rochelle Prins (Foto verskaf deur SAPD Oos-Kaap)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet

Sterkte vir familie!!Bid sy word gevind!!!!

Cherokee

‘Sy het ‘brief vir haar pa gelos’.
Dankie tòg, sy’s okay. Niè vir ma, maar vir pa gelos. Dit is hartseer.
Hoop jy;s lekkerRochelle!~

Casper

Wat staan in die brief wat sy vir haar pa gelos het?Is haar ma weer getroud?was sy gelukkig by haar ma?Hoekom sou sy dan weggeloop het?Hoe is haar geestestoestand?Iets het aanleiding gegee dat sy weggeloop het.Sy is beslis nie ontvoer nie.

piet

Sy wil seker nie by die ma wees nie maar die pa was basies gedwing om haar vir die vakansie by die ma af te laai volgens ‘n hofbevel (byvoorbeeld volgens ‘n skikking wat bereik is met ‘n egskeiding dat die kinders vakansietye na die ma gaan).

Grassie

Ouers skei deesdae sommer maklik en soms onnodig. Ek wonder of hulle beséf wat hulle hul kinders aandoen as die kinders die stabiliteit van ‘n ouerhuis ontneem word.