14-jarige verkrag en vermoor

Argieffoto

ʼn 14-jarige meisie se liggaam is Vrydag in ʼn veld in die Emdeni-uitbreiding van Soweto gevind nadat sy die vorige dag verdwyn het.

Die Gautengse onderwysdepartement het in ʼn verklaring gesê die gr. 9-leerder aan die Aurora Girls High School het Donderdag na ʼn winkel in Dobsonville gestap om goed te koop. Sy het met haar terugkeer by die huis besef sy het ʼn paar items vergeet.

Die meisie het glo weer na die winkel gestap, maar nooit weer teruggekeer huis toe nie.

“Haar familie het na haar begin soek, maar kon haar nie opspoor nie en het haar as vermis by die plaaslike polisiestasie aangemeld,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, gesê.

Die meisie se liggaam is die volgende dag gevind. Sy is ook verkrag.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê hy is verskriklik ontsteld oor die wrede moord.

“Hoe slaap mense nadat hulle so ʼn barbaarse en wrede daad gepleeg het? Ons wil graag ons medelye betuig met die familie en die skoolgemeenskap. Ons is platgeslaan en voel ook hul pyn in dié tyd van rou,” het Lesufi gesê.

Sielkundiges van die departement sal die familie besoek vir bystand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Onnie

Laat n mens wonder of sy werklik iets vergeet het en of iemand haar op haar 1ste trippie winkel toe nie dalk oorreed het om weer terug te gaan nie. Jong meisies is baie naief dis baie tragies

Leonard

Afsondering OF nie.
Moord is verkeerd !
Sal die DOODSTRAF hul nie skrik maak ?

Janc

Dis wat gebeur as Spaza Shops oopgehou word, kinders word winkels toe gestuur, en dan lees mens hierdie tragiese nuus. Dis baie hartseer!

Regina

Kyk Beki Cele, ernstige misdaad het afgeneem….!!!!

Genis

Baie hartseer… tragies…moenie kinders rond stuur nie…