14 oorledenes al geïdentifiseer ná N4-botsing

Argieffoto

Pat Ngomane, Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, sal vandag die families besoek van die 12 mense wat Vrydagaand in ʼn grusame ongeluk op die N4 gesterf het.

Altesaam 15 mense het in die ongeluk gesterf. Volgens Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR, is 14 van die oorledenes reeds geïdentifiseer.

Mabuza sê die LUR sal vergesel word deur Johan Mkhatshwa, burgemeester van die Nkomazi plaaslike munisipaliteit. “Die afvaardiging sal individueel aan elke familie besoek bring om hul ondersteuning te bied en medelye te betuig. Twaalf van die oorledenes was inwoners van die Nkomazi-munisipaliteit,” het hy gesê.

Die bestuurder van die bussie wat in die botsing betrokke was, is van Bosbokrand afkomstig, terwyl ʼn ander slagoffer van Middelburg afkomstig is.

“Die nadoodse ondersoek sal na verwagting vandag begin. ʼn Aangestelde taakspan kyk ook na die moontlikheid om ʼn massa-gedenkdiens en begrafnis vir die Nkomazi-slagoffers te hou,” het Mabuza gesê.

Maroela Media het vroeër berig die botsing het Vrydagaand omstreeks 19:30 naby Matsulu op die nasionale pad tussen Mbombela en Malelane gebeur toe een van die bestuurders ʼn ander voertuig probeer verbysteek het.

Mabuza het vroeër gesê ʼn midibus het teen ʼn vragmotor gebots wat in die teenoorgestelde rigting op pad was. Hierna het ʼn passasiersmotor teen ʼn tweede vragmotor gebots. Die 14 mense wat op slag dood is, was almal insittendes van die 22-sitplek-bussie, onder wie die bestuurder.

Een van die beseerdes het Saterdagoggend in die hospitaal gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Janosh ·

Tragies, en my ek het innige simpatie met die naasbestaandes van die oorledenes, maar tot die padgedrag van sekere padgebruikers nie dramaties verander nie, sal die tipe ongelukke aanhou gebeur. Die onverskrokke roekeloosheid waarmee sommige bestuurders hulself op die pad gedra, is verbysterend, en die owerhede sal baie strenger moet optree as hulle wil hê padsterftes moet afneem.

IK ·

Lees ek verkeerd? Waarom 12 besoek en nie 14? Sou die ander 2 dus buite hul gebied wees en nie nodig wees om die families te besoek?
Indien jy nie kan sien dit is veilig gaan jy NIE verby of is dit té ingewikkeld?

Nettie ·

@IK, kom ek sê jou hoekom daar net 12 besoek word en nie 14: die ander twee passasiers was dié van die gewone passassiersvoertuig en is wit, daarom is hulle nie belangrik nie, want wittes stem nie vir die ANC nie.

ChrisE ·

Ek het my voorgeneem dat ek nie weer indien ek dit kan voorkom nie op ons nasionale paaie te ry nie. Dit is ‘n risiko. ‘n Ongeluk kan met enige persoon gebeur. Ek weet nie wat die regime gaan doen met die taxi bestuurders nie maar daar is geen respek vir die wet van die bestuurders nie. Dit is verby roekeloos. Ek gee nie om hoe die man bestuur nie. As hy nie respek vir sy eie lewe het nie, stel hy ander onskuldiges se lewens is gevaar.

Sendeling ·

Almal verdien om met waardigheid te ruste gelê te word. As n volgeling van die Here, gee ek my belasting geld met n smile.

Riana ·

Hoe jammer en hoe onnodig. My meegevoel met die naasbestaandes. Die woord “taxi” word nie eksplisiet genoem nie maar dit klink of dit een was. Wanneer gaan daar die politieke en maatskaplike wil wees om die euwel van roekelose en selfsugtige gedrag van taxibestuurders aan te spreek? Is daar enige statistiek beskikbaar wat die betrokkenheid van taxi’s by ongelukke aandui? Die hele taxibedryf is soos die mafia – om die probleem op te los gaan behendige skuiwe en dinkwerk vra.

ja nee ·

dit is baie eenvoudig.Taxi bestuurders hoef niks van die basiese reels na te kom nie.wanneer laas het n taxi bestuurder n veiligheidsgordel gedra?metro moet die basiese padreels begin vervolg,dan sal die groter probleme begin verdwyn.dit geld vir almal wat ons paaie gebruik.niemand gebruik meer flikkerligte ens nie.

GP ·

Taxis lei tot groot hoeveelheid sterftes op die pad wat belasting betalers miljoene rande kos. Dit dra by tot die belaglike brandstof heffing wat ons almal moet betaal.

So ruk terug het taxi drywers gestaak en ge-eis dat hul boetes afgeskryf moet word sodat hul lisensies kan uithaal. Daar was so 2 weke gegee vir reaksie, en ons het nooit weer iets gehoor nie.

Taxi drywers ry soos hul wil en kom niks oor nie. Waarom behoort enige ander person dan enigsens pad reels gehoorsaam? Solank dit veilig is.

GM ·

Dis regtig tragies, my innige simpatie met die naasbestaandes.
Ek verstaan net nie hoekom die belastingbetaler alweer moet opdok vir ‘n gedenkdiens nie, en ook nie hoekom net 12 uit die 14 se families besoek word nie (Ek kan wel raai hoekom).
Meeste ongelukke vind plaas as gevolg van onverskilligheid, en ‘ek is verhewe bo die wet’-houdings.

Karlien ·

Wanneer word die slagting as nasionale ramp ondersoek en hanteer?
Sterfte statistiek sou selfs hoër wees as plaasmoorde en die hele Suid Afrika is teikens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.