14 skoliere beseer in ongeluk

Foto: Rescue Care

Veertien skoliere is Donderdagmiddag beseer nadat die taxi, waarin hulle gery het, in Durban ʼn botsing betrokke was.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die taxi het eers ʼn motor getref voor dit teen ʼn boom op die hoek van Candellaweg en Westmeathlaan in Bonela, Durban, tot stilstand gekom het.

“Paramedici het omstreeks 15:00 by die toneel opgedaag waar die taxi die boom getref het. Veertien skoliere het verskeie beserings opgedoen en nog ambulanse is ontbied,” het Jamieson verduidelik. “Hulle is na verskeie hospitale in Durban geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muffin ·

Skole het nou eers begin. Spoed en onpadvaardige voertuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.