14 sterf in gru-botsing

Die bakkie se wrak. Foto: SAPD

Die bakkie se wrak. Foto: SAPD

Minstens 14 mense is dood toe ʼn dubbelkajuitbakkie wat talle mense vervoer het en ʼn vragmotor Woensdagoggend in Limpopo gebots het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die trompop-botsing het omstreeks 02:00 op die R101 tussen Mokopane en Naboomspruit plaasgevind.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

“Die 14 mense is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie en nog ʼn passasier het die botsing oorleef en is na die Voortrekker-hospitaal in Mokopane geneem,” het Otto gesê.

Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend nie. Volgens Kagiso Mootane, woordvoerder van Limpopo se departement van vervoer, is die oorledenes Zimbabwiërs. Otto kon dit egter nog nie bevestig nie en het gesê dit sal deel wees van die ondersoek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alida ·

14 mense in een bakkie in die nag. Natuurlik is daar ‘n slang in die gras.

stoney ·

Onwettige immigrante? As hulle Zim burgers is, soek vir plofstof, dwelms en goud.

alida ·

Bly die bestuurder leef om te verduidelik hoekom hy nie van 14 moorde aangekla moet word nie.

Elinette ·

Aggenee, mense, vir al die dadelike-negatiewe opmerkings! Daar is 14 MENSE dood, dit was nie 14 stukke hout wat van ‘n bakkie afgeval het en oor die pad gesaai gelê het nie. Party mense aanvaar ook sommer dadelik (of maak die afleiding) dat dit swart Zimbabwiërs, onwettige immigrante was, wat versteekte plofstof, dwelms en goud gedra het. Natuurlik moet (en sal) die saak deur die SAPD ondersoek word – daar is immers mense dood tydens die ongeluk. Maar dit is nou nie nodig dat almal op die “bandwagon” spring en dinge soos Onwettige Immigrante, Smokkelaars … bla-bla-bla moet skreeu nie.

Koos ·

Hi Elinette. Ek is bevrees jy mors jou tyd hier met sulke opmerkings. Ek het al in die verlede probeer om alle hoogs gekwalifiseerde kommentators daar op te wys dat hulle nie moet veralgemeen nie, en besef ek mors my tyd. Volgens my waarnemings is ongeveer 70-80% van alle kommentaar hier negatief en maak EIE gevolgtrekkings. (Ek kan verstaan hoekom ander media huise hulle kommetaar lewering laat toemaak het.) Ek is bevrees dat die oorgrote meerderheid lesers wat hier kommentaar lewer, baie negatief is, en soms met reg ook, maar die negatieweiteit maak dat stertjies aangelas- of uit gedink word en as die waarheid verkondig word, al word dit nie in die beriggewing van Maroela vermeld nie.

Mick ·

Elinette, dankie vir jou les oor Morele Kompas. Ek merk dat jy nie aanbied om die begrafniskostes te dek nie. Jy vermy ook die kwessie van 2uur die oggend en 16 Zim persone op ‘n bakkie, rigting Suid-Afrika. 14 lewens sou nie verlore gegaan het as ons onbeholpe en korrupte polisie nie ‘n blinde oog gooi jeens smokkelaars en onpadvaardige oorlaaide voertuie, vir ‘n ooreenstemmende fooi, natuurlik, nie. Dis nie die eerste ongeluk met ‘n oorlaaide bakkie op hierdie pad nie en tragies genoeg, gaan dit ook nie die laaste wees nie. Aangesien jy so erg gegrief voel oor waarhede hier ge-opper, het ek slegte nuus vir jou. Jy gaan weer lees oor dieselde ding. Sterkte.

Jacoba ·

Die trokbestuurder wonder maar net hoe sy gemoedstoestand en lewe geaffekteer is, so onnodig en jammer, wees ons genadig Hemelvader.

Belinda ·

Baie goeie antwoord Mick……………..en moet 100% saam jou stem!

Mick ·

Dankie Belinda. Om te lieg of die waarheid te omseil gaan ons mos nie beter mense maak nie. Mooi bly.

Rocky Bell ·

Ek het ook my bedenke betreffende ‘n oorlaaide bakkie wat twee uur in die oggend (van alle tye) vanaf Zimbabwe (soos dit blyk) op die N1 in die rigting van Pretoria beweeg, wel wetende dat ons alreeds ‘n enorme problem het met onwettige immigrante, meesal van Zimbabwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.