14 sterf in Paasnaweek-ongeluk

Foto: KZN-nooddienste

Die dodetal in Donderdagaand se ongeluk naby Greytown in KwaZulu-Natal het tot 14 gestyg.

Rob McKenzie, woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het bevestig die 14de slagoffer het in die hospitaal gesterf. Die ander 13 slagoffers is op die toneel dood.

Die eerste groot ongeluk van die Paasnaweek het Donderdagaand plaasgevind toe ʼn taxi en twee ander voertuie op die R33 gebots het.

McKenzie het gesê dit het ongeveer 20 km van Greytown in die rigting van Dundee plaasgevind. Hy het gesê die taxi het teen ʼn skuinste afgerol, maar die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig 17 mense is Woensdagaand oorlede in afsonderlike busongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Ws ·

Totdat die regering wetstoepassing op ALLE paaie streng toepas sal padveiligheid net verder versleg.Oorals sien mens spoedgrens borde maar daar word GEEN spoedlokvalle gehou om die wet af te dwing nie.Ongelukke soos die’ een sal voortduur.Die regering het GEEN erns oor padveigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.