14 sterf op pad na troue

Argieffoto

Minstens 14 mense is dood en talle beseer in wat beskryf word as die grootste noodlottige ongeluk dié Paasvakansie.

Volgens die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het die ongeluk Saterdag op ʼn plattelandse pad in die KwaZulu-Natalse middelland plaasgevind.

“Die ongeluk het op die Middelsdrift-pad tussen Kranskop en Nkandla plaasgevind toe ʼn bus wat glo op pad was na ʼn tradisionele troue, omgeslaan en teen ʼn steilte afgerol het,” het Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, gesê.

Die bus het sowat 100 m teen die steilte afgerol en verskeie passasiers is uit die bus geslinger.

Twaalf mense is op die toneel dood verklaar. Minstens dertien mense is in ʼn kritieke en ernstige toestand na die Ntunjambili-hospitaal geneem. Twee van die mense het in die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Zwane het gesê bewerings word ondersoek dat die bus onpadwaardig was en die remme glo onklaar geraak het.

Die Kranskop-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

trevor ·

Waar is die busbestuurder??????????????????????????????????????

Lynette ·

….asook die EIENAAR vd bus aangesien dit blyk dat dir bus ONPADWAARDIG was? Dus eerder die eienaar se skuld…

Ano ·

Dis so verskriklik hartseer. Was dit ‘n geval van die bus eienaars het sommer enige bus gestuur na die stakings?

Oupa ·

Dis altyd eers die remme of iets wat geblameer word. Verantwoordelikheid speel blykbaar nooit ‘n rol nie.

Johan ·

Busdrywers weet of hulle voertuie padwaardig is of nie.
Swaarvoertuig se remme werk met positiewe lugdruk. Die druk moet vol wees, dan “release” remme. As iets fout gaan en lug ontsnap kom alle wiele se remme aan op maksimum en jy kan die voertuig nie beweeg nie. Remme faal nie.
Wat wel kan gebeur is dat drywer sò vinnig ‘n pas afjaag of oorlaai is en remme oorverhit en swakker raak. En dit is suiwer bestuurder fout.

Scalla ·

Die drywer is die besluitnemer hy kon geweier het as daar tegniese probleme met die bus was en nie die rit aangepak het nie, maklik om nou te bespiegel

E ·

Kom ons almal sê vandag dankie Vader vir ń voertuig. Dink net hoe mens moet voel om elke dag jou lewe in iemand anders se hande te plaas. Ja, ek sou weier om in te klim sou ek weet iets was fout, maar wie het geweet?

CHRISTA ·

Hier in Ekurhuleni is dit OOGLOPEND watter voertuie onpadvaardig is, maar ons Metropolisie voel vere!!! As jy dit nog aan hulle uitwys is hulle kommentaar: “You whites must always complain about everything.”!!! Maar hulle moet besef: HULLE HET OOK FAMILIE OP DIE PAD!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.