14 vas na vragmotorkaping

Die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD/Facebook

Die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD/Facebook

Die Gautengse blitspatrollie het Maandagoggend 14 mense in hegtenis geneem na ʼn vragmotorkaping in Heidelberg.

Die blitspatrollie en opsporingsmaatskappy Tracker het die vragmotor deur middel van ʼn opsporingstelsel in Spaarwater opgespoor nadat dit vroeër vir ʼn wyle sein verloor het.

Die verdagtes was reeds besig om die vragmotor se vrag op ʼn ander vragmotor te laai met die polisie se aankoms op die toneel.

Volgens die polisie is 14 verdagtes, waaronder ʼn vrou, in hegtenis geneem. Die verdagtes, tussen 17 en 49 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kosie ·

Wat ‘n pragtige foto ! Een wat die moeite werd is om geraam te word.

Leeutjie ·

Kosie jy het my nou lekker laat lag. Juis gisteraand op Carteblanche gesien hoe hulle te werk gaan met vragmotor kapings! Xenofobia!

Pierre Celliers ·

So sal berigte en fotos verskyn, en meer word soos die tyd verloop. Afrika het een GROOT
probleem!!!!

Asjas ·

Kuruman Polisie – dis hoe dit lyk wanneer daar gewerk word!!

john ·

Capital Air se recovery team was eerste op die toneel, hulle het die SAPS en ander in kennis gestel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.