Veertien persone is in Themba in die groter Hammanskraal-gebied in Gauteng in hegtenis geneem ná ʼn 35-jarige verdagte, wat van moord verdink word, gestenig is. ‘n Polisiebeampte is ook tydens die voorval beseer.
Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondagmiddag plaasgevind. Die persone is Maandagoggend in hegtenis geneem.
Genl. Elias Mawela, polisiekommissaris van Gauteng, het lede van die gemeenskap gewaarsku wat hulself skuldig maak aan ernstige en gewelddadige misdaad en die reg in eie hande wil neem.
“Die slagoffer is tydens die ondersoek na ʼn misdaadtoneel geneem waar ʼn uitlander verlede week Dinsdag dood is. Terwyl ʼn speurder besig was om sy verklaring te neem, is die verdagte met klippe en ander voorwerpe bestook,” het Dlamini verduidelik.
“Toe verdere beamptes by die toneel opgedaag het, was die man reeds dood nadat hy deur meer as 10 persone aangeval is. ʼn Beampte is beseer toe van die klippe hom getref het.”
Mawla het die gemeenskap versoek om probleme met dienslewering eerder by hul plaaslike stasiebevelvoerders aan te meld.
Die 14 verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Themba-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Glo my, as so iets hier gebeur kyk sapd net ander pad. Bundu justice op sy beste.
Hy moes harder geslaan gewees het, maak sy ore oop
Joh .
EK het nie woorde nie . In watter era leef hierdie mense.
Laat ek reg verstaan: Het die polisie die man na die misdaadtoneel geneem, en is hy onder polisiebewaking gestenig?
Dit is omdat die polisie en die howe niks meer doen nie dat die gemeenskap self intree almal is moeg vir geweld misdaad. Die ( bundu hof) werk .