14 veldbrande in Kaapstad

Rook veroorsaak swak sigbaarheid in De Waalrylaan in Kaapstad (19 Januarie 2015) Foto: @vwsfires, Twitter

Rook veroorsaak swak sigbaarheid in De Waalrylaan in Kaapstad (19 Januarie 2015) Foto: @vwsfires, Twitter

Brandbestryders het Maandagmiddag gesukkel om 14 verskillende veldbrande onder beheer te bring in Kaapstad in die Wes-Kaap.

“Nie een van die brande hou ʼn gevaar in vir eiendom nie,” het Theo Lane, woordvoerder van die stad se brand- en reddingsdienste, gesê.

Die grootste brande is in Steenberg, Strandfontein en Atlantis.

Die rook het swak sigbaarheid vir motoriste veroorsaak, veral in Allenbyrylaan, Steenberg. Volgens Lane is 35 brandbestryders op die toneel in Steenberg. Agt brandweervoertuie is na die brand in Dennegeurlaan in Strandfontein gestuur en vyf is na Dassenbergplaas in Atlantis ontbied.

Motoriste het ook swak sigbaarheid in De Waalrylaan beleef weens rook van ‘n veldbrand langs die pad.

Sterk winde belemmer die brandbestrydingspogings.

Die oorsaak van die brande is nie bekend nie, maar Lane het gesê die brande word gereeld deur mense gestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.