14 vuurwapens op plaas gesteel

Argieffoto

Die eienaar van ʼn lodge in Limpopo kan moontlik aangekla word nadat 12 jaggewere en twee handwapens deur die loop van Sondagaand tydens ʼn huisbraak op sy plaas gesteel is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die eienaar kan moontlik aangekla word op aanklagte wat verband hou met die stoor van wapens wat teenstrydig is met die Wet op Vuurwapenbeheer.

“Die polisie in Villa Nora buite Lephalale het ʼn soektog van stapel gestuur na drie onbekende verdagtes wat by die lodge op ʼn plaas in die omgewing ingebreek het. Altesaam 14 vuurwapens en ammunisie is gesteel,” het Mojapelo gesê.

Drie verdagtes het na bewering deur ʼn venster toegang tot die huis verkry, waarna hulle na die kluis gegaan en die vuurwapens en ammunisie gesteel het. Die eienaar van die lodge was nie tydens die inbraak tuis nie.

Volgens Mojapelo dui ʼn voorlopige ondersoek daarop dat die kluis nie oopgebreek of oopgesny was nie en die moontlikheid word ondersoek dat die kluis se sleutels gebruik is.

“Vuurwapeneienaars word daaraan herinner om ten alle tye te voldoen aan die bepalings om vuurwapens veilig en wettig aan te hou. In die stryd teen gewelddadige misdade, waarin vuurwapens die meeste van die tyd gebruik word, kan ons nie ʼn situasie bekostig waar vuurwapens weens die nienakoming van wettige vuurwapeneienaars in die hande van kriminele beland nie,” het Mojapelo gesê.

Die polisie ondersoek aanvanklik ʼn saak van huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chrisjan ·

Jip, dit sal baie makliker wees om die agterlosige as die krimineel te vervolg.

Pieter ·

Ja kyk liewers hoe hulle geweet het waar die sleutel is asook wie gesê het waar die sleutel is en wanneer die eienaar nie daar sou wees nie

Vervolging ·

IS DIE POLISIEMANNE AANGEKLA BY die polisiestasies waar honderde wapens onlangs weggeraak het? Ek wil graag daardie saak opvolg Mnr MOJAPELO. Kan iemand asb vir my ‘n saaknommer gee en my inlig oor WIE vervolg is by die polisiestasies want sekerlik geld dieselfde veilige bewaring ook vir polisiestasies as wat vir indiwiduele wapeneienaars geld? IEMAND?? ASB!

LouE ·

Brigadier, preek eerder vir die Polisie. Dis julle wat nalatig is met wapens. As julle wapens almal veilig is en van rekenskap gegee kan word, kan jy met ons kom praat!

bgj van der westhuizen ·

sapd moet eers by hulle self begin wand nie mand verloor vuurwapens soos hulle nie

Sue ·

Sal ek my nou ontgaan oor die arrogante manier waarop dit gestel is. Of jy nou n vuurwapen volgens wetlike bepalings aanhou of nie, die onwetlike “weldoeners” van ons land is dies wat die onwettige dade pleeg en selfs gereeld daarmee weg kom.

Flippie ·

Die wapens was mos in ‘n kluis! Wat is die platpote se probleem?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.