
Foto: SAPD, Facebook
Radebe het gesê dit is in lyn met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se ingryping in Lesotho ná die mislukte staatsgreep in Augustus.
“Die kabinet het die ontplooiing van polisiebeamptes na Lesotho vir ʼn periode van 90 dae goedgekeur. Die tydperk kan verleng word, sou dit vereis word,” het hy aan joernaliste in Kaapstad gesê.
Radebe het gesê die SAOG-intervensie is veral gemik om langtermyn politieke stabiliteit en veiligheid in Lesotho te bereik.
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa is tans in Lesotho in sy rol as die SAOG-fasiliteerder.
Polisiebeamptes van Suid-Afrika is al in dié land teenwoordig sedert Lesotho se weermag deur middel van ʼn staatsgreep beheer oor die land geneem het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Klink sos 1 van tolla se jokes,stuur polisie na di buite land en tuis is hier te kort an polisie mar ek glo ni hule gn gemis wrd ni wnt hule dun nix
En wat gaan dit ons nou weer kos?
Wat is die doel daarvan om ons SAPD lede na Lesotho te stuur as hulle ( SAPD ), nie eers one eie land se veiligheid kan beheer nie?
Moet Radebe nie eers probeer om sy eie voorstoep skoon te maak nie?.
En wat gaan dit ons nou weer kos?
Wat is die doel daarvan om ons SAPD lede na Lesotho te stuur as hulle ( SAPD ), nie eers ons eie land se veiligheid kan beheer nie?
Moet Radebe nie eers probeer om sy eie voorstoep skoon te maak nie?.
Julle!!!!! Hulle word gestuur om te gaan leer om ‘n “‘poliesman’ te wees!…… duh!
Ons sal die Kentuckyvreters nie mis nie want hulle is regtig nikswerd.Al wat sleg is , is dat dit ons belastingbetalers se sakke weer gaan ruk.