15 beseer in grusame taxi-botsing

’n Man wat ernstig beseer is, is per helikopter hospitaal toe gebring. Foto: Netcare 911

Altesaam 15 mense is Saterdagoggend in ʼn taxi-ongeluk in KwaZulu-Natal beseer.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê hul paramedici het om 06:33 gereageer op berigte van ʼn botsing op die M25 onder die N2 in Durban-Noord. Die insittendes se beserings het van gering tot ernstig gewissel.

Een van hulle, ʼn man, was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel behandel, waarna hy weens die omvang van sy beserings per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vir behandeling gebring is.

Ethekwini se nooddienste en metropolisie asook die SAPD was op die toneel.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DogEkSeMaarOokNet ·

Die oorsaak……………DIS SOOS DIE TAXIS BESTUUR…..dis die oorsaak! Hulle ry Wetteloos, Roekeloos, Nalatig,…..net soos hulle wil!

IK ·

In Drie Riviere se Genl Hertzogstr. kruising met Ringstr. was die robot rooi vir ons. Die mater in die taxi het net die glipweg na links gebruik, regs om die hoek geglip en die ander glipweg na links gebruik om voort te jaag net om by die volgende robot te moes stop waar ons ander wetsgehoorsames hom opgevang het. Na 58 jaar ongeluksvry sien ek gereeld nuwe bestuurstruuks maar selde ‘n spietkop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.