15 beseer toe taxi, 2 motors bots

Die toneel. Foto: Verskaf.

Soveel as 15 mense is gering tot matig beseer toe ʼn taxi en twee motors Sondag op die N14 in Krugersdorp gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici is om 11:25 na die toneel ontbied en het die meeste van die passasiers buite die taxi aangetref.

Sewe van die beseerdes is deur ER24 na hospitale vervoer vir mediese behandeling. Agt beseerdes is volgens Siddall deur ander nooddienste na die hospitaal vervoer het.

Die omstandighede rondom die voorval is in dié stadium nog nie bekend nie.
Die polisie ondersoek die voorval.

Die toneel. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Buitestander ·

Waaraan is die taxi & Vragmotor ongelukke te danke?
Ongelisensieheerde bestuurders?
Bestuurders onder die invloed van drank/delms?
Bestuurders wat voertuie as massa vernietiging gebruik?
Uitgeputte bestuurders.
Bestuurders wat lewens wil vernietig?
Bestuurders met swak sig?

Johann Marx ·

Buitestander…kyk na die foto’s. Van voor af gestamp….en op die onderste foto? Soliede wit lyn. Suid Afrikaanse motorbestuurders het net eenvoudig nie meer respek vir daardie soliede wit lyn nie……..dis asof dit nie bestaan nie. Jy kan maar gaan kyk…..by bykans elke kop-aan-kop het een van die bestuurders NIE die soliede wit lyn gerespekteer nie…..

Elsa ·

Wanneer sal sigbare en betroubare Verkeersmense op die paaie patrolliediens begin doen? Hendrik Potgieter, Nic Diederichs, Ontdekkers, Main str Newlands, gaan kyk self, ons is geensins veilig op die paaie met onverskillige bestuurders nie…Taxies draai regs vanuit ‘n linkerbaan wat nie mag nie, waar is verkeersmense, gee ons ‘n klagte nommer en epos adres vir aanmelding ab

Sarie ·

Gaan soek hulle in die winkelsentrums besig om inkopies te doen

Hanna ·

As dit nie n oorlaaide bakkie is nie, dan is dit n minibus taxi… So voorspelbaar! En dan kry onskuldige mense altyd seer.

pierredot ·

hanna hanna hanna! die oorlaide bakkies is onskuldig aan HUMAN ERRORS! hou op ploeg met strooi. ons saamry-bakkie-heroes ry nie chanas nie.

Dred ·

Ek was daar en het dit sien gebeur. Die ongeluk was net na n draai gewees en die taxi het te vinnig gery en kon nie betyds rem nie en ry toe in die waentjie vas wat deur n kar gesleep was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.