15 beseer toe taxi koedoe tref

Koedoe (Foto: skeeze, Pixabay)

Koedoe (Foto: skeeze, Pixabay)

Altesaam 15 persone is Vrydagoggend beseer nadat ʼn taxi ʼn koedoe op die N3 op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal getref het.

“Die taxi het naby die biltongwinkel onder in die pas gery toe ʼn koedoe oor die pad gehardloop het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Altesaam 15 insittendes het beserings opgedoen, maar slegs twee persone het verdere behandeling benodig. Hulle is na ʼn hospitaal in Ladysmith geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wanda van der Merwe ·

Bly niemand is dood. Wil net weet wat het met koedoe gebeur?

Peet Schabort ·

Biltong Wanda, biltong.
Ek het tweekeer in Namibië te doene gehad met koedoes in die nag maar gelukkig teen 80km/h gery en kon so net-net ‘n ongeluk vermy. Koedoes is soos sommige motoriste en gee nie om vir die padreëls.

Wounetweet ·

Die Koedoe was dalk op pad na die Biltong Winkel………

anon ·

arme kudu lol mos biltong tyd nou sal ma kyk waar ek n kudu kan raak ry hier in limpopo

Grassie ·

Dit is maar ‘n maer-gai koedoe op die foto. Vreeslike horings maar min biltong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.