15 beseer toe taxi rol

Altesaam 15 mense is van gering tot matig beseer. Foto: ER24

Altesaam 15 mense is Dinsdagmiddag beseer toe die taxi gerol het waarin hulle op die R56 in Thornville in KwaZulu-Natal onder weg was.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê toe hul paramedici op die toneel aankom, het hulle 15 pasiënte aangetref wie se beserings van gering tot matig gewissel het.

“Gelukkig is niemand ernstig beseer nie,” sê hy. “Almal is op die toneel behandel en daarna na nabygeleë staatshospitale vir verdere behandeling gebring.”

Hy sê die polisie het die toneel kom ondersoek. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Elke dag, hoeveel nog. Baie keer onskuldige mense en die pad fonds bankrot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.