15 in hospitaal ná brand by SAUK-gebou

Argieffoto

Vyftien mense is Dinsdag in ʼn hospitaal opgeneem nadat ʼn brand by die SAUK se Radiopark-gebou in Aucklandpark in Johannesburg uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het met hul aankoms op die toneel verskeie mense op die sypaadjie buite die gebou aangetref. Die gebou is ontruim nadat ʼn brand by ʼn kafeteria in die gebou uitgebreek het.

Paramedici het beseerdes volgens die erns van hul beserings behandel waartydens hulle bevind het dat 15 mense matige rookinaseming opgedoen het. Verskeie ander het brandwonde opgedoen.

Volgens Meiring is die pasiënte op die toneel behandel waarna hulle na ʼn nabygeleë private hospitaal vervoer is.

Volgens die SAUK is die gebou later veilig verklaar en kon werknemers weer die gebou binnegaan.

Die voorval volg nadat dieselfde gebou verlede maand weens ʼn diesellekkasie ontruim moes word. Die diesel het uit ʼn onklaar kragopwekker gelek en drie mense is vir die inaseming van dieseldampe behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Ek Brand om te weet wat by die SAUK aan die gang is!? Eers die dieselmors en nou die kafeteria-brand? Waar daar n rokie is – trek daar n vuurtjie!!! Ek hoop Radio Sonder Geld se gebou-versekering is op datum! asook die van die SABC. He-he-he.

John ·

Wat kan die SAUK nog doen om die aandag te kry? Ons is belangriker as Eskom of Danel of … verstaan tog. Sonder ons resepte kan niemand vanaand kook nie of met ‘n besemstok dans nie. Oooooh, hoe gaan jule opstaan en weet hoe ons vandag voel…. boem, boem boemmmm…

Johan Swart ·

Emfuleni Munisipaliteit se finansiële kantore het ook net so voor hulle korrupsie ondersoek afgebrand.

marous ·

Suid Afrikaanse Uitbrand Korporasie …..letterlik en figuurlik

Hansie ·

lyk my die “voorvalle herhaal hulself, nes SAUK se tv programme. Karma?

Leon ·

Hoekom moet ons ‘n staatsuitsaaier hê. Baie lande het nie meer een nie. Die privaat radio stasies doen ‘n baie beter werk. As hulle dan wil een hê, laat hulle een hê wat in Engels uitsaai en maak die SAUK frekwensies beskikbaar vir privaatradio stasies.
So ook met die TV. SABC TV is in elk geval ‘n klomp nonsens. Net drie programme op SABC TV is die moeite werd: Die NUUS, Voetspore en Lynette Francis.

charmaine ·

Leon ek stem met jou saam, ons is op NETFLIX en SHOWMAX en een aand kyk ek nou wat op die SABC kanale aangaan, tale wat ek nie verstaan nie, mense wat ek nie ken nie, advertensies, musiek wat klink soos katte op sinkplaat so daar is eintlik niks. Skande wat ons mense opgebou het is net ten gronde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.