15-jarige deur krokodil gebyt in Swartruggens

Die krokodil het Hes-Marie aan die linker-onderbeen gegryp (Foto: Verskaf)

’n Vyftienjarige meisie word tans in ’n hospitaal in Rustenburg behandel nadat ’n krokodil haar Woensdagmiddag in Swartruggens in Noordwes aangeval en gebyt het.

Hes-Marie van Loggerenberg het omstreeks 16:00 saam met haar vriende by die swemgat in die Elandsrivier, wat digby hul huis verbyloop, gaan swem. Volgens Hes-Marie se ouma, Susan van Loggerenberg, het haar kleinkind op ’n klip by die rivier gesit, toe sy skielik iets in die water sien.

“Die krokodil het skielik Hes-Marie se linker‑onderbeen gegryp en haar in die water probeer intrek. Sy het gespartel om los te kom.”

Nelson Harmse, ’n werker van Hes-Marie se ouma en oupa, het gesien wat gebeur en na die rivier toe gehardloop. “Toe Harmse by die rivier aankom, was die krokodil reeds besig om Hes-Marie in die rivier in te trek,” vertel Susan.

“Hy het vir Hes-Marie gesê om die krokodil te skop, toe skop sy die krokodil. Die krokodil maak toe sy bek oop en Hes-Marie gryp toe na die stok wat die werker vir haar uitgehou het,” vertel Susan. Die krokodil het glo ’n tweede keer in die rigting van Hes-Marie gehap, maar Harmse het daarin geslaag om haar betyds uit die rivier uit te trek.

Susan vertel hulle is baie dankbaar vir die betrokke persone wat hul kleinkind se lewe gered het.

Hes-Marie is na ’n hospitaal geneem waar hulle haar wonde behandel het. Volgens Susan het die krokodil het haar hele linkerkuit verskeur. Sy gaan moontlik ’n veloorplanting moet kry.

Volgens Susan is dit baie vreemd om krokodille in dié gedeelte van die rivier aan te tref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

wonder ·

Dankie sy is veilig. Baie dankie aan die werker Bly om te Sien daar is nog mense wat omgee maak nie saam waste ras hulle is nie. Mag die Here jou seen.

James ·

Dankie aan die werker en so dankbaar die kind het oorleef!!!!

Veronica van loggerenberg ·

Nig ek is bly jy is okay
Hoop jy word gou beter nig en sterkte
Lief jou????❤

Paul Hoogendyk ·

Ons het ook al krokodille in die Groot Marico rivier gekry .Daar’s groot fout hulle hoort nie daar nie .Iemand het hulle losgelaat ,maar niemand wil die verandwoordelike persoon aanspreek nie , Daar is wel bespiegelinge in die omgewing van waar hulle vandaan kom ,ek hoop die dogterjie word gou beter

Cherokee ·

Dìt bring ons by die feit dat niemand verantwoordelikheid wil aanvaar nie, soos jyself sê. Almal van hulle blameer die krokkodille self, terwyl ‘n krokkodil bloot ‘n verstandlose reptiel is, wat jag op aas.

Susan jordaan ·

Dit n wonderwerk dankie vir die werker wat so vinnig opgetree het nigga ek bly sy is nie te ernstig beseer nie ek sal met jou oor whatsapp gesels lief jul baie

Muffin ·

Baie bly vir haar en haar familie se part. So dankbaar sy lewe nig.
Is daar jie heelwat krokkedil telers vir restaurante in daai omgewing nie. Wonder maar net.

Hester Steyn ·

Die “werkers” het sekerlik name!!! Kan hulle behoorlik erken word asseblief.

Magda ·

Stem saam – hulle moet erken word by naam want hulle is Helde. Baie dankie en sterkte aan die kind.

Danie ·

Die werker wil dalk as gevolg van ‘n skynheilige (wat hom/haar dalk gaan verkwalik dat hy ‘n wit kind gered het) gemeenskap waar hy bly anoniem bly. Wanneer iemand versoek om anoniem te bly (basiese goeie maniere) dan respekteer jy daardie versoek.

Liezl ·

Die werker se naam is genoem, Nelson Harmse. En wie het nou gepraat van ras? Dit kan enige ras wees vir al wat dit werd is. Well done, Nelson Harmse!!!

Asjas ·

Ek wonder nou wie is “Nelson Harmse, ‘n werker van…”

Scalla ·

Hoe kom die krokodil daar, dit is mos nie hul natuurlike blyplek nie aangesien dit te koud raak in die winter?

Isabel ·

Die berig het regtig my hart geraak, al ken ek jou glad nie, vasbyt Hes-Marie, alles sal regkom. Baie dankie aan die persoon wat jou gehelp.

Wilhelmina ·

Fantasties vinnig gedink Nelson en dankie vir jou omgee hart.Jy is ‘n held!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.