15-jarige se liggaam in tuin opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige meisie se liggaam is in ʼn tuin in Ndwedwe in KwaZulu-Natal opgespoor.

“Lungile Cele se liggaam is Sondagoggend opgespoor,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê. “Sy het Saterdagaand huis toe geloop toe sy aangeval en verwurg is.”

Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het gesê Cele was ʼn graad 9-leerling aan die Hoërskool iMashiyamahle. Sy is glo ook verkrag voordat sy vermoor is.

Zwane kon nie die verkragting bevestig nie en het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word. Sy is kaal aangetref.

Mchunu het onderwysers en ouers versoek om ook hul deel te doen om seker te maak dat kinders oral veilig is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Waaaat……Ons moet ons kinders veilig hou. Dit is die regering se plig om te kyk hoekom sit ons met hierdie wreede kultuur in ons land. 20 jaar ANC. En elke mens in ons land bly agter slot en grendel. Moet ons nou staal hokke kry om in te loop ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.